‘Prin­ses Di­a­na’ se Au­di op­ge­veil

Beeld - - Veilings -

Die 1996 Au­di Ca­bri­o­let 2,6, net soos die een wat prin­ses Di­a­na ge­ry het en wat deur Na­o­mi Watts in die rol­prent Di­a­na ge­bruik is, gaan deur H&H Clas­si­cs op sy vol­gen­de vei­ling op 18 Mei by Do­ning­ton Park in En­ge­land op­ge­veil word.

Dié e­le­gan­te don­ker­blou-af­slaan­kap­mo­tor met hout­skool­grys-leer­sit­plek­ke het 144 000 myl op die o­do­me­ter, maar sal steeds die kop­pe laat draai, sê Da­mi­an Jo­nes, ver­koops­be­stuur­der vir H&H Clas­si­cs.

Die voer­tuig met die re­gis­tra- sie­nom­mer N215 NGC het op H&H se vei­lings­vloer be­land om­dat die ei­e­naar be­ïn­druk was deur dié vei­lings­huis se be­mar­king en die ver­koop van prins P­hi­lip se La­gon­da, wat ’n re­kord­prys van £350 000 ge­haal het.

Jo­nes sê dit is moei­lik om te voor­spel waar­voor dié mo­tor gaan ver­koop, om­dat dit nie deur prin­ses Di­a­na self be­sit is nie, maar ’n ster wat in ’n rol­prent haar rol ver­tolk het.

“H&H het eg­ter on­langs die Ford Capri, wat in die TV-reeks The Pro­fes­si­o­nals ge­bruik is, vir £54 000 ver­koop, ’n re­kord­prys vir ’n Capri.”

Die 1996 Au­di Ca­bri­o­let 2,6, wat deur H&H Clas­si­cs op­ge­veil word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.