Klas­sie­ke mo­tors op doek ver­e­wig

Beeld - - Veilings -

Ver­ko­pers van waar­de­vol­le klas­sie­ke mo­tors op H&H Clas­si­cs se mo­tor­vei­lings kan voort­aan hul guns­te­ling-wie­le op die skil­der­doek laat ver­e­wig.

H&H het die be­ken­de B­rit­se mo­tor­sport-kuns­te­naar Mar­tin Tom­lin­son as in­wo­nen­de kuns­te­naar op veilings aan­ge­stel om ’n vars bries in sy klas­sie­ke-mo­tor-ver­ko­pe te blaas.

Tom­lin­son gaan voort­aan agt keer per jaar voor en ná ver­ko­pe in ak­sie ge­sien word by H&H se veilings.

Dié kuns­te­naar met ’n pas­sie vir mo­tors, spe­si­a­li­seer in le­wens­ge­troue skil­de­rye van vin­ni­ge wie­le en het uit­stal­lings by Sil­vers­to­ne, Le Mans en die Good­wood Fe­s­ti­val of S­peed op sy kerf­stok.

Be­ken­des in mo­tor­sport het oor die ja­re tou­ge­staan vir sy wer­ke.

Trot­se ei­e­naars sluit in die voor­ma­li­ge F1-kam­pi­oen John Sur­tees, die voor­ma­li­ge ren­ja­er Zak Bro­wn en die klein­han­del­mag­naat T­heo Pap­hi­tis.

Sy be­perk­te-op­laag-af­druk­ke is on­der meer deur sir S­ti­r­ling Moss, P­hil Hill en Chris A­mon on­der­te­ken.

Tom­lin­son werk hoof­saak­lik in gou­ache in twee sty­le – ’n tra­di­si­o­ne­le en ’n al­ter­na­tie­we gra­fie­se styl. Hy doen ook pot­lood­sket­se, wat min­der kos om­dat dit in ’n jap­trap ge­doen kan word.

Pry­se van sy werk wis­sel tus­sen R20 000 en R200 000.

Een van Mar­tin Tom­lin­son se le­wens­ge­troue gou­ache­wer­ke van ’n klas­sie­ke Aston Mar­tin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.