’n Mag­dom pla­se en toe­rus­ting op­ge­veil

26 boer­de­ry­ge­deel­tes in M­pu­ma­lan­ga on­der ha­mer

Beeld - - Veilings -

Van’s Aucti­o­neers gaan in Mei ’n mas­sie­we li­kwi­da­sie­vei­ling oor vier dae hou, wat die ver­koop van verskeie pla­se en plaas­toe­rus­ting in­sluit.

Dié vei­ling sluit in 26 plaas­ge­deel­tes in die S­tan­der­ton-, Mid­del­burg- en Gro­blers­dal-om­ge­wing in M­pu­ma­lan­ga, as­ook ’n groot ver­skei­den­heid John Dee­re-plaas­toe­rus­ting.

Op 17 Mei be­gin die vei­ling met twee aan­gren­sen­de pla­se in die S­tan­der­ton-om­ge­wing. S­tan­der­ton is ’n kom­mer­si­ë­le en land­bou­dorp aan die oe­wer van die Vaal­ri­vier, so­wat twee uur se ry va­n­af Jo­han­nes­burg.

Die twee pla­se be­slaan saam so­wat 1 311 ha en sluit in 311 ha be­werk­ba­re grond en 998 ha na- tuur­li­ke wei­ding. On­der die ver­be­te­rings tel twee ge­slo­te sku­re, een oop skuur, ’n stoor­ka­mer en ’n voor­af­ver­vaar­dig­de huis. Ver­der is daar is wa­ter­tenks, twee se­ment­dam­me en ver­blyf vir wer­kers.

Op 18 Mei kom 21 plaas­ge­deel­tes, wes van Mid­del­burg en Wit- bank (eMa­lahle­ni) tus­sen die R35 en die R544, aan die beurt in agt af­son­der­li­ke lot­te. Die pla­se is ge­skik vir ge­saai­des en vir vee­boer­de­ry. Lot een be­staan uit drie aan­gren­sen­de pla­se met ’n to­taal van 1 261 ha. Die ei­en­dom het 520 ha se be­werk­ba­re grond en 696 ha se na- tuur­li­ke wei­ding. Dit het ’n op­stal van 560 m² met drie slaap­ka­mers, drie bad­ka­mers, drie ruim leef­a­re­as, ’n styl­vol­le kom­buis met ’n spens en twee kan­to­re. Daar is ver­der twee ou­ma­woon­stel­le, vier oop sku­re, ’n stoor­ka­mer, twee ge­slo­te sku­re, ’n werk­win­kel, ’n dub­bel­ver­die­ping­kan­toor­ge­bou van 310 m², twee die­sel­tenks, ’n wa­ter­pomp en ’n dam.

Lot twee be­staan uit twee plaas­ge­deel­tes wat saam 226 ha be­slaan met 61 ha se be­werk­ba­re grond en 226 ha se na­tuur­li­ke wei­ding.

Lot drie be­staan uit vyf aan­gren­sen­de ge­deel­tes plaas­grond van ’n to­ta­le 800 ha en lot vier be­hels twee aan­gren­sen­de ge­deel­tes van 703 ha. Een van die de­le het ’n hoof­huis op met ’n ron­da­wel van saam 260 m², ’n twee­de huis van 140 m², sku­re en wa­ter­tenks. Daar is nog vier ver­de­re lot­te plaas­grond wat op dié dag op­ge­veil gaan word.

Op 19 Mei word ’n groot ver­skei­den­heid plaas­ge­reed­skap met ’n spe­si­a­le fo­kus op John Dee­re-toe­rus­ting on­der die ha­mer gebring.

Op 20 Mei word twee aan­gren­sen­de be­sproei­ings­pla­se so­wat 20 mi­nu­te se ry va­n­af Gro­blers­dal se sen­tra­le sa­ke­ge­bied op­ge­veil. Die twee pla­se be­slaan ’n to­taal van 182 ha, waar­van 77 ha wa­ter­reg­te het. Die een plaas het ook ’n huis van 360 m² en verskeie bui­te­ge­boue.

Vir nog in­lig­ting, be­soek www.van­saucti­ons.co.za.

Dié John Deere­trek­ker gaan op 19 Mei deur Van’s Aucti­o­neers in Mid­del­burg, te­sa­me met ’n groot ver­skei­den­heid plaas­toe­rus­ting, on­der die ha­mer gebring word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.