37 eien­dom­me om van te kies en keur

Beeld - - Veilings -

By Au­cor Pro­per­ty se vol­gen­de mul­ti-ei­en­doms­vei­ling van­dees­maand word 37 lot­te on­der die ha­mer ver­koop.

Dit sluit ’n paar groot ny­wer­heids­ei­en­dom­me in, as­ook ’n ys­li­ke re­si­den­si­ë­le por­te­feul­je, wat die be­lang­stel­ling gaan­de het.

Een van die hoog­te­pun­te van die ko­men­de vei­ling is ’n ny­wer­heids­ei­en­dom in I­san­do in Kemp­ton Park met die po­ten­si­aal om aan verskeie huur­ders ver­huur te word.

Dié ei­en­dom by I­san­do Ser­vi­ce­weg 5 het goeie bloot­stel­ling aan so­wel Bar­ba­ra­weg as I­san­do­weg, wat groot voor­de­le vir die ei­e­naar en die huur­ders in­hou, sê Jo­han His­lop, sa­ke­ont­wik­ke­lings­hoof van Au­cor Pro­per­ty.

Die erf be­slaan 12 742 m² en die bru­to ver­hu­rings­ruim­te 7 028 m².

Die ei­en­dom het se­we een­he­de wat tans vier huur­ders huis­ves. Van­weë die veel­sy­dig­heid van die ei­en­dom kan die een­he­de vir ny­wer­heid-, groot­han­del- of kan­toor­doel­ein­des ge­bruik word.

His­lop sê die ei­en­dom se veel­sy­dig­heid en sy uit­ste­ken­de pad­bloot­stel­ling maak dit ’n ge­sog­te ko­pie vir óf ’n be­leg­ger óf ’n ei­e­naar-ok­ku­peer­der.

Die vei­ling word op 10 Mei om 12:00 by die Park Hy­att in Ro­se­bank ge­hou. Be­soek au­cor­pro­per­ty.co.za vir nog in­lig­ting.

Dié ny­wer­heids­ei­en­dom in I­san­do in Kemp­ton Park het die po­ten­si­aal om aan verskeie huur­ders ver­huur te word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.