Von­ke ver­wag in Gau­teng­der­by

Beeld - - Sport - Ann­chen Nel

Kaap­stad. – Baie trots is op die spel in van­aand se Gau­teng­der­by tus­sen die Fi­re­balls en die Ja­guars.

Die vyf­de ron­de van die Bru­tal Fruit-p­re­mier­liga

word dié na­week in Jo­han­nes­burg be­slis.

Van­aand se laas­te wed­stryd – die krag­me­ting tus­sen die Gol­den Fi­re­balls van Gau­teng en die Noord-Gau­teng­se Ja­guars – be­hoort vol­op vuur­werk te le­wer.

El­sjé Jor­daan, af­rig­ter van die Fi­re­balls, het gis­ter ge­sê sy en haar span het baie re­spek vir die ka­li­ber spe­lers waar­oor die Ja­guars be­skik. Maar, het sy by­ge­voeg, groot na­me is nie al­les nie.

“Van­jaar se kom­pe­ti­sie het ge­wys ‘na­me’ waar­borg niks.

“Ons is gre­tig om te be­wys ons is ’n vol­waar­di­ge Gau­teng­se span en nie die pro­vin­sie se ‘twee­de’ span nie.

“Ons sien ons­self nie as ’n twee­de span nie en wil ons han­dels­merk ves­tig,” het Jor­daan ge­sê.

Die Fi­re­balls se spe­lers kom van reg­oor Gau­teng en is nie ge­sen­tra­li­seer soos dié van an­der span­ne in die reeks nie, sê Jor­daan.

Die Ja­guars is tans der­de met 9 pun­te en die Fi­re­balls vier­de, met 8. Die Fla­mes van Noord­wes (11) gee die pas aan, met die Sout­hern S­tings van die Wes-Kaap (10) twee­de.

Jor­daan het ge­sê sy is te­vre­de met dié vier­de plek. “Ons het ’n jong, nu­we span met nu­we kom­bi­na­sies. Die spe­lers is gre­tig om te leer en hul­le wíl speel.”

Die Ja­guars sal dié na­week ge­vaar­li­ke teen­stan­ders wees na­dat hul­le ver­le­de Sa­ter­dag ge­lyk­op teen die Fla­mes ge­ëin­dig het.

In­tus­sen het Net­bal SuidA­fri­ka (NSA) in ’n ver­kla­ring ge­sê geen van sy toer­nooie vir van­jaar is in die weeg­skaal nie.

Dié ver­kla­ring volg op Fi­ki­le M­ba­lu­la, die mi­nis­ter van sport, se trans­for­ma­sie-ul­ti­ma­tum.

M­ba­lu­la het ver­le­de week ge­sê rug­by, krie­ket, net­bal en at­le­tiek moet eers hul trans­for­ma­sie-tei­kens be­haal voor­dat hul­le vir toe­koms­ti­ge toer­nooie of reek­se kan bie.

Blan­che de la Gu­er­re, uit­voe­ren­de hoof van NSA, het ge­sê oor­een­koms­te vir in­ter­na­si­o­na­le toer­nooie word ’n jaar voor die tyd aan­ge­gaan en dit het fi­nan­si­ë­le im­pli­ka­sies.

Die plaas­li­ke sei­soen ein­dig ein­de van­dees­maand en dan be­gin die Pro­te­as se in­ter­na­si­o­na­le sei­soen.

Die SA se­ni­or en o.21-span­ne speel vol­gen­de maand ’n toets­reeks teen Wal­lis.

Die Pro­te­as kruis in Au­gus­tus en Sep­tem­ber swaar­de met Aus­tra­lië, Nieu-See­land en En­ge­land. Kort daar­na maak Ja­mai­ka sy de­buut in die Di­a­mant-uit­daag­reeks, teen SuidA­fri­ka, U­gan­da, Zim­bab­we en Zam­bië. Bru­tal Fruit­wed­stry­de: Van­dag: 18:00: Aloes t. Sout­hern S­tings; 20:00: Fi­re­balls t. Ja­guars. Sa­ter­dag: 14:00: Fla­mes t. Ba­o­babs; 16:00: Aloes t. C­ri­nums; 18:00: Sun­bi­rds t. Fi­re­balls. Son­dag: 10:30: Fla­mes t. Di­a­monds; 12:30: C­ri­nums t. King­dom S­tars.

Fo­to: BACKPAGEPIX

De­anc­ke Ro­hde, kap­tein van die Fi­re­balls, is ’n staat­ma­ker vir haar span en ab­sor­beer baie van die druk, het haar af­rig­ter, El­sjé Jor­daan, ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.