T20­toer­nooi: Plan om knoei­ers te boul

Beeld - - Sport - Heinz S­chenk

Jo­han­nes­burg. – Van­jaar se T20­toer­nooi om die A­fri­ka­be­ker sal nie weer ’n broei­plek vir wed­stryd­knoei­e­ry in plaas­li­ke krie­ket wees nie.

Krie­ket Suid-Afrika (KSA) het by 2016 se lo­ting in Kaap­stad be­ves­tig die­self­de teen­kor­rup­sie­maat­re­ëls sal by dié wed­stry­de – wat bloot­stel­ling aan pro­vin­si­a­le krie­ket se a­ma­teur- en se­mi­be­roep­spe­lers gee – as in fran­chi­se- en in­ter­na­si­o­na­le krag­me­tings geld.

Dit be­te­ken toe­gang tot die kleed­ka­mers, as­ook die skeids­reg­ters se ge­rie­we, sal be­perk wees.

Die ge­bruik van sel­fo­ne ty­dens wed­stry­de word ook, lui­dens die teen­kor­rup­sie-ge­drags­ko­de, ver­bied.

“Daar is nou nie meer e­ni­ge ga­pings nie. Die meer­der­heid spe­lers en be­amp­tes be­hoort in elk ge­val ge­woond en ver­troud met die maat­re­ëls te wees,” het ’n KSA-be­amp­te ge­sê.

Ver­le­de jaar se toer­nooi is juis uit­ge­wys as die teel­aar­de vir Gu­lam Bo­di, ’n ge­we­se Pro­tea-kol­wer, se po­gings om la­ter wed­stry­de in die plaas­li­ke T20reeks te be­ïn­vloed.

Bo­di is in Ja­nu­a­rie vir 20 jaar ge­skors om­dat hy ’n mid­del­man was vir ’n knoei­net­werk wat na be­we­ring uit Doe­bai han­del dryf. “Daar was ver­le­de jaar nie veel se­ku­ri­teit by wed­stry­de nie. Gu­lam was deel van Su­perS­port se kom­men­taar­s­pan ty­dens uit­sen­dings en het be­trek­lik mak­lik toe­gang tot se­ke­re spe­lers ge­had,” het ’n bron, wat naam­loos wou bly, ge­sê.

“Hy het die toer­nooi ge­bruik om min­der be­ken­de spe­lers te werf as koe­riers en in­for­me­le a­gen­te. Daar was nie groot vis­se in daar­die toer­nooi be­trok­ke nie.”

Hoe­wel KSA steeds be­lang­stel­ling wil prik­kel deur ’n uit­saai-oor­een­koms aan te gaan, sal wed­stry­de nie reg­streeks op In­die­se te­le­vi­sie uit­ge­saai word nie.

In­dië het die groot­ste ge­or­ga­ni­seer­de wed­ders­be­dryf in wê­reld­krie­ket, maar om­dat dob­bel on­wet­tig daar is, is daar baie ruim­te vir knoei­e­ry.

In­die­se wed­ders maak staat op reg­streek­se uit­sen­dings uit an­der lande om wed­den­skap­pe te plaas, wat be­te­ken die A­fri­ka­be­ker se be­trek­lik lae te­le­vi­sie­pro­fiel be­hoort dit min­der kwes­baar te maak.

“Maar dit is be­ter om ver­sig­tig te wees,” het ’n be­amp­te ge­sê. “Die meer­der­heid spe­lers in dié toer­nooi is nie be­roep­spe­lers nie. Hul­le ver­dien nie baie geld uit krie­ket nie, so daar is voort­du­rend die ver­soe­king van ’n by­ko­men­de in­kom­ste.”

Al­te­sa­me 16 span­ne, wat in vier groe­pe ver­deel is, neem aan van­jaar se toer­nooi deel.

Dit duur van 2 Sep­tem­ber tot 1 Ok­to­ber.

Daar was ver­le­de jaar nie veel se­ku­ri­teit by wed­stry­de nie. — ’N ANONIEME BRON

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.