WP kies Ma­tie in los­trio

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Kaap­stad. – Hy was puik vir die Ma­ties in van­jaar se Var­si­ty­be­ker-rug­by­reeks, maar sal die agt­ste­man Ko­bus van Dyk die pyp op se­ni­or pro­vin­si­a­le vlak rook?

Dís die vraag na­dat John Dob­son, die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie se af­rig­ter, hom in sy be­gin­span ge­kies het vir mô­re se Pro­vin­si­a­le Reeks-wed­stryd teen ’n Haaie-vyf­tien­tal in Dur­ban.

“Ko­bus kan dit ver bring. Hy is vaar­dig, at­le­ties en kan vir ons baie in die lyn­sta­ne bied,” het Dob­son gis­ter ge­sê.

“Hy het ver­le­de jaar vir ons o.21-span uit­ge­blink en sy goeie spel by die Ma­ties voort­ge­sit.

“Et­li­ke an­der pro­vin­sies het in hom be­lang­ge­stel, maar Ko­bus is erns­tig oor sy stu­dies.”

Van Dyk, wat die laas­te paar we­ke weens ’n heup­be­se­ring nie oor­weeg kon word nie, het ’n goeie kans om hom op agt­ste­man in te bur­ger na­dat Ja­c­ques Ver­meu­len en Ter­ti­us Da­nil­ler knie­be­se­rings op­ge­doen het.

Dob­son ver­wag dat al­bei vir ’n paar maan­de langs die kant­lyn sal wees.

El­ders is daar vir die WP ’n lek­ker hup­stoot op skrum­ska­kel, met God­len Ma­sim­la wat van sy har­sing­skud­ding her­stel het en ten kos­te van Jus­tin P­hil­lips na die be­gin­span te­rug­keer.

Mey­er S­wa­ne­poel be­gin van- dees­week as nr. 7-flank met Ju­rie van Vuur­en wat ge­volg­lik na slot in E­du­ard Zand­berg se plek skuif.

Met dié dat John­ny Kot­ze nie in die WP se groep is nie, kan die af­lei­ding ge­maak word dat Rob­bie F­leck, die S­tor­mers se af­rig­ter, hom as vleu­el in ge­dag­te het vir aan­staan­de Sa­ter­dag se Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Sun­wol­ves in Sin­ga­poer.

F­leck moet ’n plan be­raam om­dat Le­o­lin Zas tot dán ge­skors is weens die rooi­kaart wat hy ver­le­de na­week teen die Wa­ra­tahs op Nu­we­land ge­kry het.

Kot­ze was tot voor ver­le­de week die S­tor­mers se ge­reel­de bui­te­sen­ter en is nie ’n na­tuur­li­ke vleu­el nie.

Hy het nie­te­min ver­le­de jaar by ’n paar ge­leent­he­de vir die S­tor­mers sy lyf vleu­el ge­hou.

WP: Grant Her­ma­nus, K­ha­nyo Ng­cu­ka­na, Tim W­hi­te­he­ad, Da­niel du P­les­sis, Si­bahle Max­wa­ne, S­cott van B­re­da, God­len Ma­sim­la, Ko­bus van Dyk, Mey­er S­wa­ne­poel, Lu­ke Strin­ger, Chris van Zyl (k), Ju­rie van Vuur­en, JP S­mith, Mi­ke Wil­lem­se, A­lis­tair Ver­maak. PLAASVERVANGERS: C­had So­lo­mon, Ky­le W­hy­te, Chris­to van der Mer­we, Ei­tal B­re­den­kamp, Jus­tin P­hil­lips, JP Le­wis, Ber­ton Klaas­sen.

Fo­to: JACO MA­RAIS

Ko­bus van Dyk sal mô­re in WP­kleu­re uit­draf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.