Bok­flank voor tug­ko­mi­tee oor oog­krap­pe­ry

Beeld - - Sport - – Rug­by365

Lon­den. – Bath se S­pring­bok­los­voor­spe­ler, Fran­cois Louw, het voor ’n tug­ko­mi­tee van die En­gel­se Rug­by­u­nie (RFU) ver­skyn na­dat hy aan­ge­kla is van oog­krap­pe­ry.

Vol­gens die web­werf rug­by365.com word aan­ge­voer dat Louw in die twee­de helf­te van sy span se krag­me­ting ver­le­de Sa­ter­ dag met Northamp­ton Saints glo kon­tak ge­maak het met die oog (oë) van die En­gel­se slot Court­ney La­wes.

Die oud­S­tor­mer is ná die wed­stryd uit­ge­wys. Saints het met 15­14 ge­se­ë­vier. Louw het gis­ter­aand in B­ris­tol voor die tug­ko­mi­tee ver­skyn.

Die uit­slag was met druk­tyd nog nie be­kend nie.

Die Bok­uit­blin­ker het sy kon­trak met Bath on­langs tot 2019 ver­leng.

Hy het dié En­gel­se span se­dert 2011 al in 80 wed­stry­de ver­teen­woor­dig.

Die 30­ja­ri­ge flank het al 43 keer vir die Bok­ke uit­ge­draf.

Fo­to: GALLO IMAGES

Fran­cois Louw

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.