Ed­gar lyk al meer na ’n Bok

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Port E­li­za­beth. – Die goeie spel van die Sout­hern Kings se slot­te maak dit vir hom mak­li­ker om rond te hard­loop, sê Ed­gar Ma­rut­lul­le.

Dié 28-ja­ri­ge ha­ker is een van die Kings se bes­te bal­dra­ers en sy naam word dees­dae selfs in se­ke­re krin­ge ge­noem wan­neer oor die S­pring­bok-groep ge­sels word.

“Ek het hier ná die der­de week van Su­per-rug­by van­jaar be­gin hoor die men­se (wat die bes­te span van die week op te­le­vi­sie en in koe­ran­te kies) praat oor my,” sê Ma­rut­lul­le.

“Dis een van daar­die sei­soe­ne waar ek goeie din­ge ver­wag. Ek het hard ge­werk en ek is nie ver­ras oor wat ek reg­kry nie.”

Met sy vu­ri­ge storm­lo­pies kan ’n mens Ma­rut­lul­le in ’n wed­stryd nie mis­kyk nie en daar­voor be­dank hy die Kings-slot­te JC Ast­le en S­te­ven Sy­kes.

“Ons doen baie goed in die lyn­sta­ne en ek moet JC en S­te­ven kre­diet gee. Dis baie mak­li­ker om rond te hard­loop as hul­le goed vaar.”

Hy plaas hom­self on­der baie druk om die bal oor die voor­deel­lyn te kry.

“Ek dink ’n ha­ker moet ’n vu­ri- ge ka­rak­ter wees. Hy moet die gom wees wat die an­der voor­spe­lers by­me­kaar hou,” sê Ma­rut­lul­le.

Sy ma­nier van speel het na­de­le. Die sei­soen is nog nie eens half­pad nie, en hy het reeds sy deel van ske­te ge­had.

“In die be­gin van die sei­soen was ek op pad om ’n drie te druk teen die A­ren­de, toe tref ie­mand my teen die oor en die ding bars oop en dit kos 15 ste­ke om reg te maak.

“Nou an­der dag was dit weer drie ste­ke op ’n an­der plek en my knie het my ook ’n week uit­ge­hou. Dan was daar nog oor­in­fek­sie ook waar­mee ek ge­suk­kel het.”

Maar hy gaan nie skie­lik be­gin raak­rug­by speel nie. Hy glo daar­in om vo­ren­toe te gaan en hy glo ook dat hy dit met me­ning moet doen.

Ver­le­de week het die Kings ’n lie­der­li­ke pak slae teen die Ja­gua­res in Bu­e­nos Ai­res ge­kry.

Dit was nie lek­ker nie, maar Ma­rut­lul­le sê daar is meer as een oor­log op die veld wat hy veg.

“Dis el­ke week ’n ge­veg. Ek veg om reg­uit by die lyn­sta­ne in te gooi, ek veg om te help om die skrum vo­ren­toe te laat gaan en ek veg om my span op die voor­voet te plaas met my storm­lo­pies.”

En hy is reg om mô­re (Sa­ter­dag) weer te veg wan­neer die Kings in die Nel­son Man­de­la­baai­sta­di­on teen die Blu­es speel.

“Ek ver­wag hul­le sal die bal wyd pro­beer speel ná wat hul­le van ons teen die Ja­gua­res ge­sien het,” sê dié slot.

Ek dink ’n ha­ker moet ’n vu­ri­ge ka­rak­ter wees. — ED­GAR MA­RUT­LUL­LE

Fo­to: WER­NER HILLS

Ed­gar Ma­rut­lul­le, ha­ker van die Sout­hern Kings, wat as ’n in­tel­li­gen­te spe­ler, en nie net as ’n har­de spe­ler nie, be­skou wil word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.