Re­ser­wes moet uit­klop­hou plant

Beeld - - Sport - O­wen Kock

Bloem­fon­tein. – Die agt ver­an­de­rin­ge in die C­hee­tahs se be­gin­span vir mô­re se Su­per­rug­by­wed­stryd teen die Wa­ra­tahs, is met ’n doel ge­maak.

Die Vry­sta­ters sal staat­maak op die plaas­ver­van­ger­bank om in die twee­de helf­te die wa deur die drif te trek.

Die C­hee­tahs draf met ses ver­an­de­rin­ge on­der die agt­tal uit, wat ’n splin­ter­nu­we voor­ry en twee nu­we flan­ke in­sluit.

In die voor­ry ver­vang Ox N­che, E­land­ré Hug­gett en Lu­an de Bruin on­der­skei­de­lik vir C­har­les Ma­rais, Tor­sten van Jaars­veld en Maks van Dyk, wat na die plaas­ver­van­gers­bank skuif.

Die ha­ker Ja­c­ques du Toit en die stut Ara­nos Coet­zee het in die slag ge­bly op die plaas­ver­van­ger­bank.

Fran­cois Uys en Carl We­ge­ner is die slot­paar, ter­wyl Wil­lie B­ritz en Ou­pa Mo­ho­je die flan­ke is.

In die ag­ter­lyn be­gin Ti­aan Mey­er op skrum­ska­kel en Fran­cois Ven­ter keer te­rug as kap­tein en sen­ter in die plek van Mi­cha­el van der S­puy.

“Daar is ’n gro­ter plan ag­ter al die ver­an­de­rin­ge. Ons plaas­ver­van­gers­bank was nog al­tyd be­lang­rik en as na die bank ge­kyk word, is dit vol spe­lers met er­va­ring.

“Ons sal staat­maak op die plaasvervangers om in die twee­de helf­te die uit­klop­hou te plant teen die Wa­ra­tahs,” het Ven­ter gis­ter ge­sê.

Die spe­lers op die plaas­ver­van­gers­bank wat moet help om die Wa­ra­tahs te troef, is Van Jaars­veld, Ma­rais, Van Dyk, Lood de Ja­ger, U­zair Cas­siem en S­haun Ven­ter.

Be­hal­we vir die plaasvervangers wat la­ter die pap moet dik aan­maak, sal die agt­tal baie be­ter moet skrum as in hul laas­te twee wed­stry­de.

“Ons was die laas­te paar wed­stry­de erg on­der druk in die skrums en daar­om moet die vars be­ne wat in­ge­span word, die grond­slag vir ons lê.

“Die nu­we e­ner­gie waar­van ons ge­du­rig praat, is wat die plaasvervangers mô­re vir ons moet bring.

“Dit is ook be­lang­rik dat al­mal op toer speel­kans kry en ek is bly vir Ox, E­land­ré en Lu­an.

“Hul­le het hard ge­werk en ver­dien die ge­leent­heid om in die be­gin­span in­ge­sluit te word,” het Ven­ter ge­sê.

Die e­nig­ste C­hee­tah-spe­ler op toer wat nie speel­kans ge­kry het nie, is die 22-ja­ri­ge skrum­ska­kel Ru­an van Rens­burg.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Die skrum­ska­kel Ti­an Mey­er duik hier oor vir sy drie teen die Leeus vroe­ër in die reeks. Hy is bo S­haun Ven­ter in die be­gin­span ge­kies vir die C­hee­tahs se Su­per­rug­by­wed­stryd mô­re teen die Wa­ra­tahs in Syd­ney.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.