Leeus hou by hul span

Pa­niek nie in hul woor­de­skat

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han­nes­burg. – Die tel­ling van ’n wed­stryd be­paal nie al­tyd wie en wat ons is nie.

Dit was gis­ter die woor­de van S­wys de Bruin, reg­ter­hand van Jo­han Ac­ker­mann in die Leeus se af­rig­ting­span.

“Daar­om sal jy sien ons gaan nie vrees­lik te­ke­re wan­neer ons ’n span met ’n groot tel­ling ge­klop het nie, of wan­neer ons ’n groot tel­ling teen ons ge­kry het soos teen die Hur­ri­ca­nes nie,” het De Bruin ge­sê.

“Daar brand be­slis nie rooi lig­te by ons ná die af­ge­lo­pe na­week se ne­der­laag nie,” sê hy.

“Dit is nie nood­wen­dig al­tyd ’n sleg­te ding wan­neer jy jou­self die dag so vas­loop nie. Dit help om ’n bie­tjie an­ders na jou­self te kyk en din­ge in per­spek­tief te stel,” glo De Bruin.

“Die groot ding is dat ons be­sig is met ’n pro­ses. Jy be­sef maar net dat jy har­der moet werk. Kyk, dit is een­vou­dig so dat geen span kan dink hy kan al sy wed­stry­de wen nie.

“Dit is soos ’n ten­nis­spe­ler wat hom op ’n dag vas­loop en dan ’n stel met 6-0 ver­loor of ’n gholf­spe­ler wat soms op ’n put­jie drie houe oor die baan­sy­fer speel.

“Dit is maar hoe sport werk. Jy kan nie die heel­tyd bo wees nie. So el­ke nou en dan moet jy hard aar­de toe kom,” sê De Bruin.

Hy sê die Leeus sal vir aan­staan­de Sa­ter­dag se wed­stryd teen die Blu­es (14 Mei) hou by die een­heid wat tot dus­ver in­ge­span is en sal nie oor­boord gaan en nou skie­lik links en regs be­gin ver­an­der aan die span nie.

Aan die kon­sep “pa­nie­ke­rig raak” wil hy nie eens dink nie. “Nee wat, dit kom glad nie eens in ons ge­dag­tes op nie. Al wat ons moet doen, is om dit wat ver­keerd ge­loop het, te gaan reg- maak,” sê hy.

De Bruin sê die Hur­ri­ca­nes was baie goed en waar al­les net vir die Nieu-See­lan­ders reg ge­loop het, het net mooi al­les weer vir die Leeus ver­keerd ge­loop.

Tog gee De Bruin kre­diet aan die ’Ca­nes vir hul ver­to­ning en die ma­nier waar­op hul­le die Leeus oor­wel­dig het.

“Hul­le was uit­ste­kend by die af­breek­pun­te en die ma­nier waar­op hul­le op­ge­kom het op die ver­de­di­ging, was baie in­druk­wek­kend.

“Ons sal be­slis voor die Blu­es-wed­stryd aan­dag gee aan ons spel by die af­breek­pun­te en ons fou­te daar moet reg­stel,” sê hy.

Daar­om kan daar ver­al aan­dag ge­skenk word aan die ver­to­ning van De­rick Min­nie in mô­re se wed­stryd van die Leeus XV in die Pro­vin­si­a­le reeks by die Dig­gers-klub in Rand­burg teen die Vry­staat XV.

) Die wed­stryd be­gin om 15:00 en toe­gang is R10 per per­soon en R20 per mo­tor. Die eer­ste voor­wed­stryd be­gin reeds net ná 10:00.

Leeus XV: Ashlon Da­vids, Koch Marx, Ja­c­ques Nel, Jar­ryd Sa­ge, An­tho­nie Vol­mink, S­haun Reynolds, Ric­ky S­chroe­der, Ru­aan Lerm (k), De­rick Min­nie, S­te­ph de Witt, MB Lusa­se­ni, Bob­by de Wee, Ni­co du P­les­sis, Pie­ter Jan­sen, C­lin­ton Theron. PLAASVERVANGERS: Jan­nes Syn­man, Hen­co S­mit, Lu­vu­yo Pu­pu­ma, Vic­tor Se­ke­ke­te, Fa­bi­an Booy­sen, Ca­me­ron Rooi, Se­lom Ga­vor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.