Blits­droom van Ge­lant nog nie daar­mee heen

Beeld - - Sport - – Fran­cois de Wet

Kaap­stad. – Net drie Suid­A­fri­kaan­se Su­per­rug­by­spe­lers se droom van O­lim­pie­se deel­na­me is nog staan­de.

War­rick Ge­lant, C­heslin Kol­be en Ju­an de Jongh het nog ’n kans om die reis na Rio de Ja­nei­ro in Au­gus­tus as deel van Suid­Afrika se O­lim­pie­se se­wes­span mee te maak, maar ’n hand­vol an­der het aan­ge­dui hul­le stel nie meer be­lang om te gaan nie.

Neil Po­well, die B­lits­bok­ke se af­rig­ter, sal van­dag ’n aan­dui­ding gee van hoe sy Rio­plan­ne lyk wan­neer hy in S­tel­len­bosch sy groep van 12 vir die laas­te twee toer­nooie van Wê­reld­rug­by se se­wes­reeks, in Pa­rys en Lon­den, aan­kon­dig. Suid­Afrika, wat met 139 pun­te twee­de op die pun­te­lys is ná Fidji (147) moet al­bei dié toer­nooie wen om die Wê­reld­ti­tel te ver­o­wer.

Die B­lit­se sal aan­staan­de maand ook in ’n se­westoer­nooi in Ro­me in ak­sie wees. Po­well het ge­sê die Bul­le­heel­ag­ter Ge­lant sal daar ’n kans kry om te be­ïn­druk.

Wer­ner Kok, ’n ge­kon­trak­teer­de B­lits­bok, sal ook ho­pe­lik ná ’n knie­be­se­ring te­rug­keer wan­neer die Suid­A­fri­ka­ners in I­ta­lië speel.

Die S­tor­mers­ag­ter­spe­lers De Jongh en Kol­be het reeds hier­die sei­soen in toer­nooie vir die B­lit­se ge­speel en het Po­well nog nie laat weet of hul­le nog Rio toe wil gaan nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.