Af­los: SA span mik in Doha na Ri­o­kaart­jie

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

P­re­to­ria. – ’n Suid-A­fri­kaan­se 4x400-af­los­span sal van­aand op die Di­a­mant­li­ga-at­le­tiek­by­een­koms in Doha, Ka­tar, vir van­jaar se O­lim­pie­se S­pe­le in Rio de Ja­nei­ro, Bra­si­lië, pro­beer kwa­li­fi­seer.

Agt span­ne het ver­le­de jaar reeds op die Wê­reld­af­los­by­een­koms in die Ba­ha­mas (waar­heen SuidA­fri­ka nie ’n span ge­stuur het nie) reeds vir die S­pe­le ge­kwa­li­fi­seer en daar is nóg agt plek­ke oop vir die S­pe­le. Die agt span­ne wat toe­ge­laat sal word, is dié wie se ge­mid­deld van hul bes­te twee tye in die O­lim­pie­se kwa­li­fi­se­rings­tyd­perk die vin­nig­ste was.

Die vier at­le­te wat Vry­dag­aand in Doha ’n haas­ti­ge tyd sal pro­beer hard­loop, is S­haun de Ja­ger, Thapelo P­ho­ra, Pie­ter Con­ra­die en Jon See­li­ger. P­he­me­lo Mat­l­ha­be is as re­ser­we saam.

Hen­drik Mok­ga­ny­et­si, ’n voor­ma­li­ge O­lim­pie­se at­leet wat op ’n tyd die SA rekord (44.59) in die 400 m saam met Ar­naud Mal­her­be ge­hou het, is die span­be­stuur­der.

Die Suid-A­fri­ka­ners sal teen span­ne van Botswa­na, Frank­ryk, Po­le, Ka­tar en Sa­oe­di-Ara­bië hard­loop.

Way­de van Nie­kerk, Suid-Afrika se 400 m-wê­reld­kam­pi­oen en SA re­kord­hou­er (43.48), is nie be­skik­baar nie.

Hy neem dié na­week in Bloem­fon­tein aan die SA ope-by­een­koms deel en die kans is skraal dat hy hom op die S­pe­le vir die 4x400-af­los be­skik­baar sal stel om­dat hy net op die 400 m wil fo­kus.

Ses an­der Suid-A­fri­ka­ners sal ook in Doha in ak­sie wees. Hul­le is An­to­nia Al­ka­na (110 m-hek­kies), Su­net­te Vil­joen (spies­gooi), Vic­tor Ho­gan (dis­kus­gooi), Wen­da Nel (400 m-hek­kies), Cas­ter Se­me­nya (800 m) en Du­mi­sa­ne Hla­se­lo (1 500 m).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.