Vi­rus skrik Aus­sie ook af

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Jo­han­nes­burg. – Aus­tra­lië sal waar­skyn­lik, soos Suid-Afrika, sy vier­de bes­te spe­ler na die O­lim­pie­se S­pe­le in Rio de Ja­nei­ro stuur, na­dat Marc Leish­man gis­ter ge­sê het hy wil nie gaan nie.

Leish­man, wat ver­le­de De­sem­ber die Ned­bank-uit­daag­toer­nooi by Sun Ci­ty ge­wen het en tans 35ste in die wê­reld is, het sy kom­mer oor die Zi­ka­vi­rus as die re­de vir sy be­sluit ge­gee.

Die Aus­tra­li­ër is sy land se nr. 3-spe­ler vol­gens die wê­reld­rang­lys en was in die O­lim­pie­se ge­sprek dank­sy die ont­trek­king van A­dam S­cott, die Aus­sies se naas­bes­te. Leish­man se be­sluit maak nou die deur oop vir Mar­cus Fra­ser, wat 63ste in die wê­reld is.

Leish­man se vrou, Aud­rey, se le­we het in A­pril 2015 aan ’n draad­jie ge­hang, toe sy met tok­sie­se skok-sin­droom in ’n hos­pi­taal op­ge­neem is.

Die Aus­sie-spe­ler het vir 96 uur langs haar bed ge­waak voor­dat sy uit ’n ko­ma ont­waak het. Net meer as ’n jaar la­ter is Aud­rey vol­gens Leish­man steeds vat­baar vir in­fek­sies en is haar im­muun­stel­sel ver­swak. Daar­om is hy nie be­reid om kan­se te waag nie met die Zi­ka-vi­rus, wat be­ne­wens die mee­bring van ge­boor­te-ge­bre­ke vol­gens me­di­ci ook Guil­lain-Bar­re-sin­droom kan ver­oor­saak.

“Ons het dit met Aud­rey se dok­ter be­spreek en weens haar voort­du­ren­de her­stel en die moont­li­ke ri­si­ko’s wat met die Zi­ka-vi­rus ver­een­sel­wig word, was dit ’n moei­li­ke maar ter­self­der­tyd ook mak­li­ke be­sluit om nie deel te neem (aan die O­lim­pie­se S­pe­le) nie,” het Leish­man vol­gens Reu­ters in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Aus­tra­lië se O­lim­pie­se lig­gaam (AOC) het ge­sê hy re­spek­teer Leish­man se ont­trek­king.

“Ons ver­staan dat fa­mi­lie al­tyd eer­ste moet kom,” het die Aus­sies se chef de mis­si­on, Kit­ty C­hil­ler, in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Die Aus­sie is die twee­de ho­ë­pro­fiel-spe­ler wat die Zi­ka-vi­rus aan­voer as re­de vir sy O­lim­pie­se ont­trek­king, ná die Fidji­aan Vi­jay Singh. Leish­man se land­ge­noot S­cott sal nie Rio toe gaan nie om­dat die toer­nooi-for­maat (’n ge­wo­ne hou­e­spel-toets oor 72 put­jies) hom nie aan­staan nie en hy eer­der tyd saam met sy ge­sin wil deur­bring.

Twee van Suid-Afrika se voor­ste spe­lers, Lou­is Oost­hui­zen en C­harl S­chwart­zel, het ook reeds aan­ge­dui dat hul­le nie Rio toe wil gaan nie.

IMAGES Fo­to: GALLO

Die Aus­sie Marc Leish­man sal nie in Au­gus­tus aan die O­lim­pie­se S­pe­le deel­neem nie, weens kom­mer oor die Zi­ka­vi­rus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.