Ci­ty moet weer fo­kus op li­ga

Beeld - - Sport - – bbc.com, Reu­ters

Lon­den. – Ma­nu­el Pel­le­gri­ni, af­rig­ter van Man­ches­ter Ci­ty, meen sy span was on­ge­luk­kig om deur Re­al Ma­drid uit die Eu­ro­pe­se Kam­pi­oe­ne­li­ga ge­ska­kel te word.

Pel­le­gri­ni het ná Ma­drid En­ge­land se groot hoop met 1-0 in die San­ti­a­go Ber­na­beu-sta­di­on ver­slaan het, ge­sê hy is nie spyt oor die wy­se waar­op hul­le ge­speel het nie.

Fer­nan­do het Ga­reth Ba­le se dwars­skop in sy eie doel­hoek in ge­de­flek­teer, en so ver­se­ker dat die twee Ma­drid-span­ne – Re­al Ma­drid en At­lé­ti­co Ma­drid – me­kaar op 28 Mei in die eind­stryd sal pak.

Man­ches­ter Ci­ty het net een keer ge­dreig om ’n doel aan te te­ken in die S­paan­se hoof­stad.

Pel­le­gri­ni is ag­ter­na ge­vra of hy spyt is oor die be­na­de­ring wat hul­le ge­volg het.

“Nee, ek dink ons het goed ge­speel en hul­le was baie ge­luk­kig met hul doel.”

Hoe­wel Re­al Ma­drid 15 keer aan­ge­lê het doel­hok toe, het Pel­le­gri­ni ge­sê nie een van die span­ne het ge­noeg kan­se ge- s­kep om die krag­me­ting te be­klink nie.

Dit was die eer­ste keer dat Man­ches­ter Ci­ty tot die half­eind­ron­de van die Kam­pi­oe­ne­li­ga kon vor­der, maar die span moet nou sy fo­kus nou na die En­gel­se P­re­mier­liga ver­skuif.

Ci­ty het die uit­da­ging om on­der die voor­ste vier span­ne te ein­dig om weer vir aan­staan­de jaar se Kam­pi­oe­ne­li­ga te kwa­li­fi­seer.

Pel­le­gri­ni se span is vier­de – vier pun­te voor sy aarts­vy­and, Man­ches­ter U­ni­ted.

Ci­ty moet nog drie wed­stry­de speel en U­ni­ted twee.

“Dit was ’n spe­si­a­le sei­soen waar­in ons die half­eind­ron­de (van die Kam­pi­oe­ne­li­ga) ge­haal het.

“Daar was nie veel te kies tus­sen die span­ne nie, maar ons moet nou in die P­re­mier­liga se­ker maak ons kwa­li­fi­seer weer,” het Pel­le­gri­ni ge­sê.

Hy word aan die ein­de van die sei­soen deur die Bay­ern M­ün­chen-brei­er, Pep Gu­ar­di­o­la, ver­vang.

Joe Hart, Ci­ty se doel­wag­ter wat in al­bei wed­stry­de teen Re­al Ma­drid voor­tref­lik was, glo die span het waar­de­vol­le er­va­ring op­ge­doen.

“Daar is nie baie wat ons uit die wed­stryd kan vat nie, maar ons het ge­groei in die Kam­pi­oe­ne­li­ga en daar was tal­le goeie oom­blik­ke.

“Ons moet vol­gen­de sei­soen daar­op voort­bou. Dit is nooit lek­ker om te ver­loor wan­neer jy so ver ge­vor­der het nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.