Sun­do­wns 7de keer as PSL­kam­pi­oen ge­kroon

Beeld - - Sport -

P­re­to­ria. – Ma­me­lo­di Sun­do­wns het Woens­dag­aand sy se­wen­de Suid­A­fri­kaan­se P­re­mier­sok­ker­liga­ti­tel be­klink toe hy Tuks met 3­0 in die Tuks­sta­di­on ge­klop het.

An­tho­ny Laf­for het al die doe­le aan­ge­te­ken.

Dit was ’n ge­val van dé­jà vu. Sun­do­wns het ver­le­de sei­soen ook die ti­tel ver­o­wer met ’n se­ge oor Tuks met nog twee wed­stry­de oor in die li­ga.

Die ne­der­laag het Tuks se kans om in die PSL te bly ’n slag toe­ge­dien. Die stu­den­te is nou 4 pun­te ag­ter Jo­mo Cos­mos in die 16de plek.

Laf­for het die wed­stryd as doel­skie­ter be­gin, in die plek van die ge­skors­te Le­o­nar­do Cas­tro en het ’n reu­se­im­pak ge­maak. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.