Lam­bie dalk in an­der po­si­sie?

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner Span­ne: Haaie: Hur­ri­ca­nes:

Jo­han­nes­burg. – Pat Lam­bie as im­pak­spe­ler en Be­ast M­ta­wa­ri­ra te­rug as los­kop­stut en kap­tein.

Dis die in­sig­ge­wen­de skui­we in die Haaie se groep vir mô­re se Su­per-wed­stryd in Dur­ban teen die Hur­ri­ca­nes.

M­ta­wa­ri­ra is een van twee ver­an­de­rin­ge aan die voor­ry wat teen die C­hiefs vas­ge­val het.

Hy neem oor by Da­le C­had­wick as los­kop­stut en daar­mee saam ook die kap­tein­skap by die flank Kee­gan Da­niel.

In die an­der skuif aan die voor­ry is Fran­co Ma­rais weer die ha­ker ten kos­te van Ky­le Cooper.

Cooper is glad nie meer in die groep nie met C­hi­li­boy Ra­le­pel­le wa tas die ha­ker op­diep laas­ver­van­ger bank sit. Die­self­de geld vir die S­pring­bok­stut Coe­nie Oost­hui­zen, met C­had­wick en T­ho­mas du Toit die twee voor­rye op die bank.

Daar is vier S­pring­bok­ke – Je­an Dey­sel, Od­wa N­dun­ga­ne, Ra­le­pel­le en Lam­bie – op die Haaie se plaas­ver­van­ger bank.

Dit is eg­ter die teen­woor­dig­heid van Lam­bie in die groep wat die mees­te be­lang­stel­ling gaan­de maak.

Hy sal eg­ter sy beurt moet af­wag, met Garth A­pril wat as los­ska­kel be­gin na­dat hy in die laas­te paar wed­stry­de sterk na vo­re ge­tree het.

Dit sal in­te­res­sant wees om te sien hoe die af­rig­ter, Ga­ry Gold, vir Lam­bie gaan ge­bruik. Sal hy bloot la­ter in die wed­stryd in sy guns­te­ling-po­si­sie van los­ska­kel in­kom as ’n di­rek­te skuif met A­pril, of gaan hy dalk langs A­pril in­skuif as sen­ter?

Gold het gis­ter er­ken hy het dalk al in ver­le­de jaar se Cur­rie­be­ker-reeks die fout be­gaan deur A­pril nie meer speel­kans te gee nie.

Die Hur­ri­ca­nes het in­tus­sen net een ver­an­de­ring ge­maak aan die span wat die Leeus ver­le­de week met 50-17 oor­rom­pel het.

Ja­mes Mars­hall neem as heel­ag­ter oor by Ja­son Wood­ward, wie se han­de hom ’n slag of wat in die steek ge­laat het op El­lis­park.

Wil­lie le Roux, JP Pie­ter­sen, Paul Jor­daan, An­dré Ester­hui­zen, L­wa­zi M­vo­vo, Garth A­pril, Mi­cha­el Claas­sens, Da­niel du P­reez, Je­anLuc du P­reez, Kee­gan Da­niel, S­te­phen Le­wies, E­tien­ne Oost­hui­zen, Lou­rens A­dri­aan­se, Fran­co Ma­rais, Ten­dai M­ta­wa­ri­ra (k). PLAASVERVANGERS: C­hi­li­boy Ra­le­pel­le, Da­le C­had­wick, T­ho­mas du Toit, Hy­ron Andrews, Je­an Dey­sel, S­te­fan Un­ge­rer, Pat Lam­bie, Od­wa N­dun­ga­ne.

Ja­mes Mars­hall, Co­ry Ja­ne, Matt Proc­tor, Vin­ce Aso, Ju­li­an Sa­vea, Beau­den Bar­rett, TJ Pe­re­na­ra, Vic­tor Vi­to, Ar­die Sa­vea, Brad S­hields, Mi­cha­el Fa­ti­a­lo­fa, Va­ea Fi­fi­ta, Jef­fe­ry Toom­a­ga­Al­len, Da­ne Co­les (k), Reg Goodes. PLAASVERVANGERS: Mo­tu Ma­tu’u, Chris E­ves, Ben May, Mark Ab­bott, Bla­de T­hom­son, Ja­mi­son Gib­son­Park, N­ga­ni Lau­ma­pe, Ja­son Wood­ward.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.