S­tan­der ver­ras deur Ier­se eer­be­wy­se

Beeld - - Sport -

Du­blin. – Die voor­ma­li­ge Suid-A­fri­kaan­se o.20-kap­tein CJ S­tan­der het dit as ’n “groot ver­ras­sing” be­stem­pel dat hy twee eer­be­wy­se op die Ier­se Rug­by­spe­lers ver­e­ni­ging( I RU PA) se toe­ken­nings­aand ont­vang het.

S­tan­der, wat se­dert 2012 in Ier­land woon en in Fe­bru­a­rie sy toets­bui­ging vir dié land ge­maak het, het Woens­dag­aand slegs die der­de oor­se­se spe­ler ge­word wat die IRUPA se eer­be­wys vir die spe­lers se Spe­ler van die Jaar ont­vang.

Boon­op het hy die eer­ste oor­se­se spe­ler ge­word wat as die on­der­steu­ners se Spe­ler van die Jaar aan­ge­wys word.

Die 26-ja­ri­ge S­tan­der is die eer­ste spe­ler in die ge­skie­de­nis wat al­bei die eer­be­wy­se ont­vang.

“Dit is ’n groot ver­ras­sing,” het S­tan­der, wat van­jaar die kap­tein­skap by Mun­ster be­har­tig, ge­sê.

“Ek is ver­heug om die eer­be­wy­se te ont­vang. Ek wens ek het die sei­soen meer saam met (Mun­ster) be­reik, maar daar is al­tyd vol­gen­de jaar.”

Mun­ster móét se­ë­vier wan­neer hy Sa­ter­dag gas­heer speel vir S­car­lets om vir aan­staan­de sei­soen se Eu­ro­pe­se kam­pi­oen­skap te kwa­li­fi­seer.

“Dis taai, want ek is trots op wat ek per­soon­lik be­reik het, maar dis vir my ’n reu­se ver­ant­woor­de­lik­heid om Mun­ster te lei en as ons nie die na­week kwa­li­fi­seer nie, gaan die sei­soen soos ’n mis­luk­king voel,” het S­tan­der ge­sê.

S­tan­der is ná sy toets­bui­ging, teen Wal­lis in van­jaar se Se­s­na­sies­reeks, in die hoof­op­skrif­te van die Ier­se dag­blaaie as Su­per­man, ’n le­gen­de en ’n mon­ster be­skryf, en het by­voeg­li­ke naam­woor­de soos bril­jant en a­sem­ro­wend ont­ke­ten.

Hy is in sy de­buut as Spe­ler van die Wed­stryd aan­ge­wys en was die e­nig­ste spe­ler wat ’n pun­te­toe­ken­ning van 9/10 van die In­de­pen­dent ont­vang het.

“Toe Joe (S­chmidt, Ier­land se brei­er) my in­sluit vir daar­die eer­ste toets was dit een van die bes­te we­ke van my le­we, want ek het aan­vank­lik ge­dink ek gaan in die Se­s­na­sies-reeks dalk in die groep wees, maar meest­al op die bank sit.

“Om die vol­gen­de vier wed­stry­de in die be­gin­span te wees, was won­der­lik en ek het hard ge­werk om my doel­wit­te te be­reik.

“Maar nou moet ek ver­be­ter. Daar is nog baie doel­wit­te wat ek in my le­we wil be­reik,” het S­tan­der ge­sê.

CJ S­tan­der

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.