Splin­ter­nu­we jeug­fliek op die skerm.

leer van lief­de en ver­lies

Beeld - - Vrydag! - La­e­ti­tia Pop­le Met Ta­ni­ka Fou­rie, Deàn­ré Rei­ners, Ki­a­ra Fou­rie, Paul du Toit en an­der. Re­gie: Dar­rell Roodt. 90 mi­nu­te. Ou­der­doms­perk: OL.

Dié re­sen­sie word ge­skryf deur ’n re­sen­sent wat waar­skyn­lik 30 jaar te oud vir die fliek is. Dit is ’n jeug­fliek en be­hoort by­val te vind by kin­ders van 12 en ou­er, maar ook by die ou­ers wat hul­le by die bi­o­skoop gaan af­laai. Ou­ers kan min­stens hier weer er­vaar hoe dit was om ’n tie­ner te wees en wat jou uit­da­gings en strui­kel­blok­ke toe was.

Die tie­ner­mei­sie Mos­sie (Ta­ni­ka Fou­rie) en die buur­seun A­dri­aan (Deàn­ré Rei­ners) is al van kleins af boe­sem­vrien­de. Deur dik en dun staan die twee­tjies by­me­kaar, hul­le lag baie en vol­tooi me­kaar se sin­ne. Hul ou­ers kyk goe­dig toe. Dan kom die storm en drang van die tie­ner­ja­re.

Als ver­an­der as Mos­sie in haar ma­triek­jaar vir ’n eer­ste­jaar­bre­ker, ge­speel deur De­von Hof­meyr, be­gin o­gies maak. Sy be­sef nie dat A­dri­aan an­ders na haar kyk nie, ook nie dat hy eint­lik haar kê­rel be­hoort te wees nie. Wat weet sy of hy dan in elk ge­val van lief­de af?

Die prent fo­kus op die tie­ner­ja­re en hoe moei­lik dit soms kan wees. E­nig­een wat al op ho­ër­skool was, met klieks te doe­ne ge­had het of nie in­ge­pas het nie, sal hier vin­nig raak­pun­te vind.

Hoe­wel die rol­prent soms sim­plis­ties voor­kom, is die bood­skap ver­rei­kend. Ver­al na die ein­de se kant toe word dit on­be­skaamd aan die groot klok ge­hang. Gryp el­ke oom­blik aan – ’n mens weet nooit hoe kort die le­we is of hoe lank ge­lief­des aan ons sy gaan wees nie. So sluit dit by klas­sie­ke jeug­pren­te soos De­ad Poets So­cie­ty en The B­re­ak­fast Club aan waar­in vriend­skap, ver­lies en men­tor­skap ook aan die or­de is en ge­vier word.

Hier­die rol­prent be­gin ook met ’n som­ber toon­aard met die af­ster­we van Mos­sie se ma toe sy maar ’n dog­ter­tjie van skaars se­we was. Be­ne­wens die sin­vol­le bood­skap oor ver­lies en die ver­wer­king daar­van wat in al die ka­rak­ters se le­we te­rug­ge­vind kan word, gryp die fliek ver­al aan dank­sy die ver­tol­king van Fou­rie en Rei­ners. Hul­le speel met vol­le oor­tui­ging en ’n na­tuur­lik­heid as­of hul­le nie van die der­de teen­woor­dig­heid – dié van ’n ka­me­ra­oog – be­wus is nie.

Rei­ners het reeds met Seun be­ïn­druk, maar dit is Fou­rie se de­buut­ver­tol­king en sy skit­ter. Die twee se vreug­de is aan- steek­lik en daar word snees­doe­kies be­no­dig ein­de se kant toe.

Wat wel pla, soos dit ook in die ro­man­tie­se ko­me­die Trou­voe­te ge­pla het, is die pro­duk­pla­sing wat werk­lik steu­rend is. Be­ne­wens ad­ver­ten­sie­ba­nie­re o­ral, op­val­len­de bot­tels en pak­kies, word dit hier selfs deel van die ka­rak­ters se di­a­loog.

Só by­voor­beeld word ’n be­lang­ri­ke ne­we­ver­haal­lyn, dié tus­sen Paul du Toit en E­ri­ca Wes­sels se ka­rak­ters, ge­kel­der.

Hy staan in as haar skuld­be­ra­der, maar praat in ad­ver­ten­sie­klin­gels met die reu­seglim­lag van ’n slink­se smous. Tog jam­mer want juis dié ver­wik­ke­ling sou tot ou­er ky­kers spreek.

Mig­non “Mos­sie” van Wyk word vir die bood­skap en die al­ge­he­le oor­ga­we van sy jong spe­lers aan­be­veel. )

Mos­sie (Ta­ni­ka Fou­rie) en A­dri­aan (Deàn­ré Rei­ners) in die jeug­dra­ma Mig­non “Mos­sie” van Wyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.