Gaan luis­ter eer­der na El­vis

Beeld - - Fliek - Her­man La­te­gan Met o.a. Jen­ni­fer Gar­ner en Ky­lie Ro­gers. Re­gie: Pa­tri­cia Rig­gen. 109 mi­nu­te. Ou­der­doms­perk, OL

Wat Qu­een La­ti­fah be­siel het om hier­die rol te aan­vaar, is ’n raai­sel gro­ter as die kraai van ha­ne.

Maak eers ken­nis met twee ba­na­le ou­ers, ene Chris­ty (Jen­ni­fer Gar­ner) en Ke­vin (Mar­tin Hen­der­son), al­bei bleek an­dro­ïe­des met moeë deur­sky­nen­de ge­sig­te die kleur van tjok­ka of to­fu.

Hul­le het die per­soon­lik­he­de en e­mo­si­o­ne­le re­gis­ters van ’n hond se a­sem. Dis die ti­pe paar­tjie wat jy sien aan­kom in die su­per­mark en dan hol jy by die slag­huis in en skuil tus­sen die rou kar­kas­se tot­dat hul­le ver­dwyn.

Hul wo­ning is in Bur­le­son, Tex­as, ’n plek son­der ge­skie­de­nis, he­de of toe­koms, en waar dit so warm word die brand­weer se si­re­nes loei dag en nag. An­na Be­am (Ky­lie Ro­gers), hul tien­ja­ri­ge dog­ter­tjie, is siek. Sy is ’n fraai kind, en haar ka­rak­ter oor­don­der ge­heel en al haar ou­ers s’n as dit by to­neel­spel kom. Die klein­tjie is o­lik, sy kan nie eet nie en moet met voe­ding­stow­we deur bui­se ge­voer word.

Haar maag swel op, hul­le strom­pel van een dok­ter na die an­der, niks help nie.

Sy word sie­ker, dit lyk as­of din­ge tot ’n punt gaan kom. An­na gaan sterf.

Qu­een La­ti­fah speel An­ge­la, ’n soet­sap­pi­ge kel­ne­rin wat die ou­ers en hul dog­ter be­vriend. Wat haar be­siel het om hier­die rol te aan­vaar, is ’n raai­sel gro­ter as die kraai van ha­ne.

Een dag speel An­na in ’n boom. Sy val diep in die hol­te van die groot stam in, en sy het ’n am­per-dood-er­va­ring.

Oor­nag is sy ge­sond, en sy ver­tel haar ou­ers la­ter sy het per­soon­lik met God ge­praat en Hy’t haar toe te­rug­ge­stuur aar­de toe. Hier­die is glo ’n wa­re sto­rie en as jul­le sul­ke t­wak glo, is my naam El­vis P­res­ley. Ek is ook ge­ka­ta­pult uit die hier­na­maals en gaan van­aand “And I Lo­ve You So” by die Lo­co­mo­ti­ve-ho­tel in Sout­ri­vier sing.

Tat­ta. )

Jen­ni­fer Gar­ner speel die rol van ’n ma wie se kind erns­tig siek is in Mi­ra­cles of He­a­ven.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.