Gaap­gaap, dis ’n ril­ler

Beeld - - Fliek - Her­man La­te­gan Met o.a. Et­han Ha­w­ke en Em­ma Watson. Re­gie: A­le­jandro A­mená­bar. Tyds­duur 106 mi­nu­te. Ou­der­doms­perk: 16TR. Kyk ook So­la­ce en Be­fo­re I Go to Sleep.

Wat twee to­pak­teurs soos Et­han Ha­w­ke en Em­ma Watson be­siel het om in hier­die gaap­wek­ken­de bang­maak­fliek te speel, is ’n raai­sel.

’n Kok­ke­rot wat oor die skerm kruip, sal meer angs ver­oor­saak as hier­die bab­be­la­ry en bog.

Al­te­mit was dit om­dat hul­le die ge­leent­heid kon kry om saam met die S­paan­se top­re­gis­seur A­le­jandro A­mená­bar te werk.

Dis die­self­de man wat die suk­ses­vol­le The Ot­hers met Ni­co­le Kid­man en The Sea In­si­de met Ja­vier Bar­dem ge­re­gis­seer het.

Eers­ge­noem­de was so ’n goeie ril­ler ’n mens wou skoon die po­li­sie bel vir be­sker­ming. Laas­ge­noem­de het weer die traan­klie­re droog ge­tok­kel en het selfs ’n Os­car ge­wen.

Ha­w­ke speel die rol van Bru­ce Ken­ner, ’n speur­der wat sa­ta­nis­me in Min­ne­so­ta in 1990 moet on­der­soek, maar die he­le som­ber toon en aak­li­ge vi­su­e­le as­pek­te van die prent voel meer na se­wen­tigs-noir.

Watson ver­tolk ’n tie­ner­ka­rak­ter, ene An­ge­la Gray, wat be­weer al­ler­lei na­rig­he­de het met haar ge­beur.

Sy lyk die heel­tyd na ’n ver­skrik­te bleek non met ’n chro- nie­se ys­ter­te­kort, selfs ’n ver­lep­te kool­kop wat nog nooit op ’n kys was nie.

Hý weer het so ’n wind­ma­ke­ri­ge stap­pie soos ’n co­w­boy wat so pas ’n bor­deel be­soek het. Dan en wan trek hy sy oë soos ver­dor­de ro­syn­tjies, die mond hang nes ’n kerk se ou gor­dy­ne.

Soms kry hy so ’n Sam S­he­pard-ge­sig, een wat aan droë mod­der­pan­ne her­in­ner. Daai uit­druk­king be­te­ken kam­ma hy dink.

Waar­aan weet geen mens nie, se­ker aan niks.

Da­vid T­he­w­lis is die siel­kun­di­ge dr. Ken­neth Rai­nes wat met psi­go­hip­no­se men­se pro­beer te­rug­neem na trau­ma­tie­se ge­beur­te­nis­se wat hul­le nie meer wil ont­hou nie.

Van­daar die ti­tel, wat ge­rus ook maar as waar­sku­wing kan dien. Want ’n re­gres­sie is dit ken­ne­lik.

Wat het Et­han Ha­w­ke be­siel om in die gaap­ril­ler Re­gres­si­on te speel?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.