Laat dié be­ker jou ver­by­gaan

Beeld - - Fliek - Her­man La­te­gan Met on­der an­de­re Chloë Gra­ce Mo­retz en Zac E­fron. Re­gie: Ni­cho­las S­tol­ler. 91 mi­nu­te. Ou­der­doms­perk: 16DST

Kin­der­ag­tig, laf en e­sel­ag­tig. Laat hier­die bit­ter be­ker jou ver­by­gaan. Die le­we blom en al­les gaan punt in die wind vir die ver­ve­li­ge Mac (Seth Ro­gen) en sy ewe ba­na­le swan­ger vrou, Kel­ly (Ro­se Byr­ne). Dis nou tot­dat ’n or­de­lo­se vroue stu­den­te­ver­e­ni­ging ge­naamd Kap­pa Nu langs­aan in­trek.

Hul­le is ’n klomp ge­raas­ma­kers wat net par­ty­tjie hou. Moe­nie ge­flous word nie. Ook ’n klomp saai men­se.

Die groot bel­ha­mel on­der hier­die ben­de moei­lik­heid ma­ker sis ene S­hel­by (Chloë Gra­ce Mo­retz). Sy’s ’n weg­hol­veld­brand wat die vlam­me van die hel in dié voor­ste­de­li­ke buurt kom aan­steek.

Die bu­re is des­pe­raat. Hul­le gaan soek drin­gend hulp by ’n vo­ri­ge buur­man, Ted­dy (Zac E­fron). Spoe­dig be­gin hier­die trio plan­ne be­raam om van dié la­waai­e­ri­ge rab­be­does ont­slae te raak.

Din­ge ruk le­lik hand­uit. Soos die tie­ners sê: w­ha­te­ver. Bly by die huis en bak vir jou ’n per­le­moen­bo­bo­tie. )

Zac E­fron en Seth Ro­gan in die ko­me­die Bad Neig­hbours 2.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.