Hoe sê ’n mens: Dan­kie Ma?

Beeld - - Moedersdag - Amanda S­try­dom ­ San­ge­res

“Ek is só ge­se­ënd en dank­baar dat al­bei my ou­ers nog leef. My ma is my bes­te vrien­din. As ek aan Mam­ma dink, sien ek haar glim­lag en haar oë. Sy is ’n fyn men­sie, maar haar han­de staan vir niks ver­keerd nie. Ek sien haar sit by my kuns­wed­stry­de, by die naai­ma­sjien waar sy ons kle­re klein­tyd ge­maak het, op die rus­bank met ’n boek of ’n blok­kies­raai­sel, in die kom­buis aan’t wer­skaf en in my arms as ek huis toe kom. Al­les is deur­spek met lief­de.

“Mam­ma het my ge­wys en ge­leer wat on­voor­waar­de­li­ke lief­de is. Dat el­ke mens tel. Sy leef haar on­wrik­ba­re ge­loof uit deur te doen en nie net te praat nie.

“Sy pro­beer my steeds leer om nie te oor­re­a­geer nie. Sy laat my al­tyd kalm word. Ek word van­jaar 60 en stres steeds oor goed wat nog nie ge­beur het nie, soos toe ek 16 was. Dan dink ek aan die sto­rie wat Mam­ma ver­tel het: ’n Man wou sy buur­man se graaf leen en op pad na sy huis be­gin ge­dag­tes by hom spook oor hoe­kom die buur­man nie die graaf vir hom sal leen nie. Toe die buur­man vrien­de­lik sy voor­deur vir die man oop­maak en hom hart­lik groet, sê die man: ‘Man, vat jou graaf en steek hom in jou g#*.’

“Van­dag nog, as ek te­ke­re gaan oor iets wat nog nie ge­beur het nie, bel ek Mam­ma en sy sê al­tyd: ‘My kind, jy loop al weer met die graaf.’ “Ek be­won­der my ma se deer­nis met men­se van al­le kleu­re en geu­re. Sy het ’n diep in­sig in die mens­li­ke psi­ge en pro­beer al­tyd eers ver­staan voor sy ie­mand som­mer af­skryf. Sy gee om vir be­de­laars en stuk­ken­de sie­le. Want, sê sy, wat sou die He­re ge­doen het? “Dis vir my won­der­lik dat so ’n klein, fyn men­sie so­veel lief­de kan gee aan haar man, kin­ders, klein­kin­ders, vrien­de en v­reem­de­lin­ge. “Dan­kie, Mam­ma, dat jy my lief­het nes ek is. Dat jy in my glo en al­tyd daar was en is, deur dik en dun. Jy is so kos­baar, nie net vir my nie, maar vir Hom wat jou ge­ska­pe het. ’n Su­per­won­der­li­ke Moe­ders­dag vir Mam­ma!”

Amanda S­try­dom saam met haar ma, Mar­le­ne. Mar­le­ne S­try­dom en haar ba­ba Amanda.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.