Lin­di S­try­dom ­ te­le­vi­sie­aan­bie­der en ak­tri­se

Beeld - - Moedersdag -

“Ek dink hoe ou­er ek word en ook soos ek groei as ma, hoe meer be­sef ek die op­of­fe­ring en tyd, lief­de, moei­te, wak­ker lê, bid en saam stres waar­deur my ma is. Sy het al­tyd ge­sê: ‘Wag tot jy self kin­ders het, dan sal jy ver­staan ...’ En ja, ek ver­staan al ’n bie­tjie be­ter, maar ont­dek nog el­ke dag!

“As ek en­ke­le le­wens­be­gin­sels kan uit­lig wat ek el­ke dag toe­pas en ook vir my kin­ders leer, sal dit wees:

‘Wees die be­ter mens’. As jy voel ie­mand het jou te na ge­kom, sleg of on­reg­ver­dig be­han­del, be­han­del jy hul­le be­ter! Doen dit be­ter! Draai die an­der wang, maar bly dan nie net so staan nie, kom te­rug en leer hul­le deur jou voor­beeld! Kyk met sag­te oë na ie­mand. Dit wat hul­le sê of doen, kom van ie­wers af en as jy dit vir ’n oom­blik in hul skoe­ne waag, het jy so­veel meer deer­nis vir die per­soon.

“‘Wat het jy reg­tig no­dig?’ My ou­ers kan met geld werk! Nee, reg­tig! Hul­le mag ’n boek skryf! Ons het nooit ’n te­kort ge­had nie, maar van­dag be­sef ek hoe hul­le ge­trou was met min en so ver­ant­woor­de­lik ge­werk het met el­ke sent wat vir hul­le ge­leen is. Hier­die vraag van ‘wat het jy reg­tig no­dig?’ plaas al­le be­hoef­tes en be­geer­tes in per­spek­tief. Ek leer ook vir my kin­ders, Mam­ma het dalk die geld om dit vir jou te koop, maar het jy dit reg­tig no­dig?

“En daar is nog baie meer! Ek sê hier­die week vir my oud­ste seun, Paul (11), voor ’n toets: ‘Lees drie keer, dink twee keer en skryf een keer.’ Ek sien hy is be­ïn­druk met my stel­ling en vra nog­al ‘Het Mam­ma dit self uit­ge­dink?’ ‘Nee’, sê ek, ‘Ou­ma het my so ge­leer en dit werk!’ ”

Dit wat ek van­dag doen, is so an­ders as e­nig­iets uit my ou­ers se ver­wy­sings­raam­werk! (Be­hal­we dat my pa ’n af­ge­tre­de on­der­wy­ser is, ek ’n on­der­wy­ser wou word en my kin­ders steeds glo ek sal ’n fan­tas­tie­se juf­frou wees!) “My ou­ers ken dalk nie die soort werk wat ek doen nie, maar hul­le het my ge­vorm in die “hoe” ek wat ook al doen! Ver­al in kre­a­tie­we om­ge­wings soos TV en ra­dio, ont­breek dis­si­pli­ne en af­ron­ding baie keer. Dis hier­die ein­ste ei­en­skap­pe wat my oor­le­wing was toe ek as (pas uit die skool) jong mei­sie op die stel van E­go­li moes in­stap. “Ek was in 1996 in ma­triek en het Ja­nu­a­rie 1997 met ’n vlieg­tuig in die groot en on­be­ken­de Jo­han­nes­burg aan­ge­kom om vir eers net ’n maand lank die rol van Ka­rin te speel. Die maand­kon­trak het uit­ein­de­lik ’n 12 jaar lan­ge se­pie­loop­baan ge­word! Die he­le i­dee van ‘be­kend- of be­roemd­heid’ het my ook nooit ge­raak of be­ïn­vloed nie, want ek het pre­sies ge­weet waar ek van­daan kom! Geen werk en geen mens is op e­ni­ge ma­nier ver­he­we bo ’n an­der nie!

“Ek het so baie by my ou­ers ge­kry en so baie by hul­le ge­leer en ek maak dit my mis­sie om vir hul­le met my le­we dan­kie te sê.

“Dit gaan vir my oor meer as net ’n he­rin­ne­ring. Dit gaan vir my oor ’n toe­pas­sing van wat ek ge­leer het so­dat dit meer kon­kreet is as net ’n ge­dag­te. Dis le­wens­les­se, wys­heid en waar­heid wat voort­leef en aan­hou be­ïn­vloed lank na­dat nie een van ons meer hier is nie!”

Lin­di S­try­dom saam met haar ma De­bah van Ee­den.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.