Ly­dia Win­ches­ter ­ Mu­siek­pro­mo­tor

Beeld - - Moedersdag -

My ma, Nel­lie Bar­nard is nou 83 en sy is een van die op­en­wak­ker­ste men­se wat ek ken. Ek is so on­ge­loof­lik trots op haar. As ek te­rug­dink aan my kin­der­ja­re, ont­hou ek haar lek­ker kos en lief­de.

“Ek het baie arm groot­ge­word en ons het dit glad nie breed ge­had nie. En tog het my ma my ge­leer dat ’n mens met ’n oop hart moet gee. En dat jy vir men­se moet om­gee.

“As ’n klein graad­een­tjie was ek nie mal oor skool­gaan nie, maar daar was nooit ’n drup­pel ge­na­de nie. Maak nie saak hoe hard ek pro­beer het om my­self uit die skool te praat nie, my ma het al­tyd deur my plan­ne ge­sien en my skool toe ge­stuur. Tot daar­voor is ek haar van­dag dank­baar, want ek is van­dag ’n har­de wer­ker en ek weet ’n mens kom nie met kort­paaie in die le­we weg nie.

“Ek is self nie ’n ma nie, maar ek het so­veel kin­ders in die mu­siek­be­dryf oor wie ek my ont­ferm. Dit bring vir my so­veel ge­luk en vreug­de.

“As daar een ding is waar­voor ek van­dag vir Ma Nel­lie dan­kie kan sê, is dat sy al­tyd daar was vir my en dat ek weet sy is on­ge­loof­lik trots op my.

“O ja, en my ma het my ge­leer ’n mens dra nooit ’n ‘jer­sey’ en san­da­le saam nie. ’n Goue re­ël daai!”

Man­di Baard ­ ak­tri­se en te­le­vi­sie­aan­bie­der

Ly­dia Win­ches­ter saam met haar ma Nel­lie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.