Op die CD­rak

Beeld - - Moedersdag - Re­fent­se ­ My hart bly ’n taal Jan R­haap – op­ge­r­haap 4Wer­ke – 4Warm ­ Deur Mi­chiel Ja­co­bzs

Re­fent­se se op­gang van­dat hy as’t wa­re op straat ont­dek is, is merk­waar­dig. Sy ver­haal het hart­sna­re ge­roer, sy ta­lent is on­mis­ken­baar, en sy CD spreek boek­de­le van die jong san­ger se pas­sie. Bui­ten die elf snit­te wat uit die A­fri­kaan­se lied­jies­kat­kis ge­leen word (“Son­van­ger”, “Sal­ly Wil­li­ams nou­gat”, “Ha­la­la Afrika”, ’n Koos Doep­ en Lau­ri­ka Rauch­med­ley), waag hy ook sy eie snit “Ba­by wat eet ons van­aand?” Die al­bum is be­ter as heel­wat meer ge­sou­te kuns­te­naars se on­lang­se po­gings, en dit is waar­skyn­lik (en ho­pe­lik) die be­gin van groot din­ge vir hier­die gees­drif­ti­ge nu­we kuns­te­naar. Ho­pe­lik ver­ras sy vol­gen­de al­bum met meer oor­spronk­li­ke werk. Hier­die be­trek­lik nu­we kuns­te­naar se al­bum sal jou beur­te­lings her­in­ner aan die lek­ker van Jan Blohm, Ger­hard S­teyn en die Bot­ha­broers van Ge­or­gia. Met fon­da­sies ge­giet op li­rie­ke van on­der an­de­re ein­ste Ger­hard S­teyn, S­tef Kruger, en vars skryf­ta­lent kan jy ver­wag dat die al­bum jou op ’n siels­reis kan neem. Jan R­haap gee ’n goeie 50/50 ver­snit van oor­spronk­li­ke kom­po­si­sies en leen­snit­te, maar dit is sy eie skryf­werk wat aan­dag trek. Hier­die al­bum is soos wyn van ’n skaars oes­jaar. Die al­bum sal waar­skyn­lik sy plek na me­ni­ge vleis­braai­kui­ers vind, en dit is waar­skyn­lik waar hier­die po­ging van E­li­z­ma, Lie­zl, Ni­cho­lis en Ray Dy­lan hoort. Daar is ’n paar skaf­li­ke weer­ga­wes van ou be­ken­des soos “Le­a­ve a lig­ht on for me”, S­ting se “Fields of Gold” en ’n weer­ga­we van Roxet­te se “Joy­ri­de” wat on­ge­luk­kig nie kan kers vas­hou by die oor­spronk­li­ke nie. Ru­di Claas­se en Neil S­choom­bie het by­ge­dra tot die nu­we snit­te op die al­bum, en hoe­wel dit op peil is, is daar on­ge­luk­kig nie een snit wat vuur­wer­ke le­wer nie. Die naas­te daar­aan is ’n heel skaf­lik op­ge­warm­de weer­ga­we van “Kin­ders van die wind”. Geen­een een van die san­gers se stem­me kom tot reg nie, maar jy mik da­rem ook nie vir ’n lem­me­tjie of pil­le ná die twee­de snit nie. Vir die kan­nie­dood­aan­han­gers wat hul ver­sa­me­ling vol­le­dig wil hou, is hier­die ’n moet.

Re­fent­se

Jan R­haap

4­Wer­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.