Sko­le brand oor stam­twis

Ven­das wil glo nie in Tson­ga­mu­ni­si­pa­li­teit wees

Beeld - - Front Page - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Stam­ge­weld tus­sen Ven­das en Tson­gas is moont­lik een van die re­des waar­om min­stens 23 sko­le tot dus­ver in die Vu­wa­ni-ge­bied in Lim­po­po af­ge­brand is.

Ken­ny Ma­thi­va, woord­voer­der van S­tan Mat­ha­ba­tha, pre­mier, het gis­ter­mid­dag ge­sê die re­ge­ring van Lim­po­po on­der­soek dié moont­lik­heid nou.

Daar word met al­le rol­spe­lers ge­praat en die ge­rug­te van on­min tus­sen stam­me word met groot om­sig­tig­heid ge­han­teer, sê hy.

Verskeie mi­nis­ters en lt.genl. K­ho­mot­so P­hahla­ne, waar­ne­men­de na­si­o­na­le po­li­sie­hoof, be­soek die V­hem­be-dis­trik van­og­gend om met die ge­meen­skap­pe te praat. On­der die mi­nis­ters is Des van Rooy­en (sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sake), Bat­ha­bi­le Dla­mi­ni (maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling) en An­gie Mots­hek­ga (ba­sie­se on­der­wys).

Die mees­te in­wo­ners van Vu­wa­ni is Ven­das. Hul­le sê hul­le is nie te­vre­de daar­mee dat hul­le ná die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing in Au­gus­tus ’n mu­ni­si­pa­li­teit met in­wo­ners van Ma­la­mu­le­le, wat groot­liks Tson­ga is, sal moet deel nie.

Van die o­proe­ri­ges het eer­gis­ter aan die SAUK ge­sê die Ven­das wil nie ’n mu­ni­si­pa­li­teit met Tson­gas deel nie. Hul­le het ver­sper­rings tus­sen ne­der­set­tings op­ge­rig wat die twee groe­pe van me­kaar skei.

Soort­ge­ly­ke on­min tus­sen Ven­das en Tson­gas het ver­le­de jaar in Ma­la­mu­le­le uit­ge­breek.

In die ge­weld wat Son­dag in Vu­wa­ni uit­ge­breek het, is mil­joe­ne ran­de se ska­de aan min­stens 23 sko­le aan­ge­rig.

Meer as 20 000 leer­lin­ge kan ge­volg­lik nie skool toe gaan nie.

Dr. Na­le­d­za­ni Ra­si­la, woord­voer- der van die on­der­wys­de­par­te­ment in Lim­po­po, sê klas­ka­mers, ad­mi­nis­tra­sie­kan­to­re, bi­bli­o­te­ke, voe­ding­sen­trums en skool­meu­bels is ver­woes.

Win­kels is ge­sluit en paaie word met bran­den­de ban­de, boom­stom­pe en be­ton­blok­ke ver­sper.

In­wo­ners se woe­de het op­ge­vlam na­dat die hoog­ge­regs­hof in Lim­po­po Vry­dag be­slis het daar is nie vol­doen­de gron­de waar­om in­wo­ners van Vu­wa­ni nie deel moet wees van ’n nu­we mu­ni­si­pa­li­teit nie.

Die Mu­ni­si­pa­le Af­ba­ke­nings­raad (MAR) het ver­le­de jaar aan­ge­kon­dig dat Vu­wa­ni en Ma­la­mu­le­le in een mu­ni­si­pa­li­teit saam­ge­voeg gaan word. Vu­wa­ni se men­se wil deel bly van die Mak­ha­do-mu­ni­si­pa­li­teit, wat in Lou­is T­ri­chardt ge­se­tel is. Ma­la­mu­le­le val tans on­der die T­hu­la­me­la-mu­ni­si­pa­li­teit, wat in T­ho­hoy­an­dou ge­se­tel is.

Pro­vin­si­a­le LUR’e het gis­ter in T­ho­hoy­an­dou met Mat­ha­ba­tha en ko­ning To­ni M­pep­hu Ra­ma­bu­la­na van die Ven­das ver­ga­der.

I­saac Man­ge­na, woord­voer­der van die Men­se­reg­te­kom­mis­sie, sê hul­le is bly dat mo­bie­le klas­ka­mers by af­ge­bran­de sko­le be­skik­baar ge­stel sal word so­dra die ge­moe­de­re be­daar het. Dit is ’n jam­mer­te dat die geld daar­voor nie ge­bruik kon word om lie­wer an­der sko­le op te knap nie.

Dé­si­rée van der Walt, DA-LP, sê die af­brand van sko­le hou kin­ders ge­van­ge in ’n bo­se kring­loop van ar­moe­de.

E­li­jah Mhlan­ga, woord­voer­der van die na­si­o­na­le de­par­te­ment van ba­sie­se on­der­wys, sê hul­le werk met die Lim­po­po-de­par­te­ment saam om die si­tu­a­sie te ver­be­ter.

Nie­mand is nog weens die brand­stig­ting en ge­weld in heg­te­nis ge­neem nie.

Fo­to: RUDZANI TSHIKORORO

Boom­stom­pe ver­sper paaie in die Vu­wa­ni­ge­bied in Lim­po­po waar in­wo­ners be­toog om­dat hul­le nie in ’n nu­we mu­ni­si­pa­le ge­bied wil wees nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.