be­del dui­sen­de ran­de vir bid­klas­se in VSA

Sy wil vir 2 maan­de VSA toe vir kur­sus

Beeld - - Front Page - Ro­zan­ne Els Fo­to: DEAAN VIVIER

Al­mal moet soms hulp vra – en nou is dit haar beurt.

Die san­ger Ni­a­nell, of­te­wel So­nia Nel, vra men­se om hul beur­sies oop te maak so­dat sy na die VSA kan gaan.

Dié Sa­ma-wen­ner het in A­pril ’n ska­re­fi­nan­sie­ring­veld- tog op die plat­form GoFun­dMe. com van sta­pel ge­stuur om geld in te sa­mel om ’n kur­sus in T­he­taHe­a­ling te vol­tooi.

Ni­a­nell be­oe­fen dié teg­niek al ’n paar jaar. Dit fo­kus blyk- baar op die ge­bruik van ge­bed en den­ke om ie­mand se e­mo­si­o­ne­le, gees­te­li­ke, fi­sie­ke of ver­stan­de­li­ke werk­lik­heid te ver­an­der. Sy bied ook op­lei­dings­kur­sus­se aan om an­der die teg­niek te leer.

Groot om­stre­den­heid be­staan oor die teg­niek en ’n me­die­se pro­fes­sor het be­we­rings oor die suk­ses daar­van al as “’n mis­daad” be­stem­pel.

Daar is nog geen we­ten­skap­li­ke be­wys dat die teg­niek werk nie.

Ni­a­nell se ver­soek op die ska­re­fi­nan­sie­rings­web­werf lui: “My lie­we vrien­de. Daar kom ’n tyd in el­ke le­we dat ons by- Ni­a­nell op die ver­hoog. stand moet vra. Daar­die tyd het nou vir my aan­ge­breek.”

Haar ver­soek is ook op haar Fa­ce­book-blad ge­deel.

Sy ver­dui­de­lik dat sy ’n mees­ter in die prak­tyk wil word en ’n ser­ti­fi­kaat in T­he­ta­be­han­de­ling wil ver­werf.

Ni­a­nell is die ma van ’n drie­ling en is in 2014 van Andrew T­homp­son ge­skei.

“Dié mis­sie gaan my vir twee maan­de weg­neem van my prag­ti­ge drie­ling wat vir my baie uit­da­gend is,” skryf sy.

Dié stu­die be­te­ken ook dat sy nie sal kan op­tree en ’n in­kom­ste kan ver­dien nie.

“Dit is my le­wens­doel om te leer en an­der te leer.”

Tot dus­ver het sy twee sken­kings ont­vang. Haar tei­ken is $10 500 (so­wat R157 000).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.