Ja­net Jack­son ‘ver­wag eer­ste­ling’

Beeld - - Nuus - – Ro­zan­ne Els

Die vol­gen­de ge­ne­ra­sie Jack­sons brei uit. Ja­net Jack­son, wat oor min­der as twee we­ke haar 50ste ver­jaar­dag vier, ver­wag glo haar eer­ste kind.

’n Bron na aan die san­ge­res het dié nuus met die tyd­skrif

En­ter­tai­n­ment To­nig­ht ge­deel.

Die nuus het soos ’n veld­brand ver­sprei, maar geen be­ves­ti­ging kon nog ge­kry word by Jack­son self of haar ver­teen­woor­di­gers nie.

Jack­son, ’n sus­ter van Mi­cha­el Jack­son, die ont­sla­pe ko­ning van pop, is wel­be­kend om tref­fers soos “R­hythm Na­ti­on” en “To­get­her A­gain”.

En na­tuur­lik vir die keer toe haar bors ont­bloot is ty­dens haar ver­to­ning saam met Jus­tin Tim­ber­la­ke in die rus­tyd­kon­sert van die Su­per­bo­wl, die VSA se voet­bal-ek­stra­va­gan­za.

Sy het ’n maand ge­le­de haar toer laat vaar om ’n ge­sin te be­gin.

Op T­wit­ter en in be­rig­te uit The New York Post en an­der pu­bli­ka­sies word daar nou ge­vra of Jack­son nie te oud is om ma te word nie.

Ja­net Jack­son en haar man, Wis­sam Al Ma­na.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.