Ba­ba hou P­helps uit swem­bad in At­lan­ta

Beeld - - Sport -

At­lan­ta. – Die ver­wag­te koms van sy eer­ste­ling is waar­skyn­lik die re­de hoe­kom die Amerikaanse swem­held Mi­cha­el P­helps nie aan­staan­de na­week hier in ak­sie gaan wees nie.

Dié swem­by­een­koms vind van 13 tot 15 Mei plaas.

P­helps het vroe­ër aan­ge­dui hy sou aan dié by­een­koms deel­neem ter voor­be­rei­ding vir die O­lim­pie­se S­pe­le, maar het in­tus­sen van plan ver­an­der.

“Mi­cha­el P­helps sal on­ge­luk­kig nie meer deel­neem nie. Ons ver­staan dat baie van jul­le kaart­jies ge­koop het om hom te sien swem,” het die At­lan­ta Clas­sic­or­ga­ni­seer­ders in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Vol­gens Amerikaanse me­di­a­be­rig­te sal P­helps die by­een­koms mis­loop so­dat hy by sy ver­loof­de, Ni­co­le John­son, kan wees. John­son ver­wag hul eer­ste­ling, ’n seun.

P­helps wil in Au­gus­tus aan sy vyf­de S­pe­le deel­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.