A­ri­na de Witt ­ San­ge­res en ak­tri­se

Beeld - - Moedersdag -

“My Ma, Pau­li­ne van Zyl, is op 80 nog net so be­dry­wig soos al­tyd en het so­veel om te doen vir al­mal dat ek som­mer vir haar ont­hal­we moeg voel hier waar ek by my ou­er­huis in die Ka­roo kui­er. Dan be­sef ek dat hier­die uit­reik na an­der en die ys­ter­vrou­hou­ding, waar­mee sy haar wê­reld en fa­mi­lie re­geer, so deel is van haar mens­wees ­ dis haar ge­hei­me wa­pen teen oud word. Sy wei­er om stil te sit, of stil te bly, al­tyd aan stuur van sake.

“As ek aan haar dink, sien ek haar ‘sig­na­tu­re’ bol­la, groot glim­lag, al­tyd in haar tuin om­ring met blom­me (selfs in die droë Ka­roo was haar tuin al­tyd ’n lus­hof), haar ta­fels ­ al­tyd vol van die lek­ker­ste ge­reg­te, haar huis ge­vul met her­in­ne­rin­ge aan ’n vol le­we en mooi ou­goed, voor die re­ke­naar be­sig (sy was voor al­mal al op die in­ter­net en al­tyd be­sig met ’n sto­rie ­ sy sou ’n won­der­li­ke reis­joer­na­lis ge­maak het). Die klein­kin­ders spot en sê haar brein se har­de­skyf is baie groot, want sy ont­hou al­les tot in die fyn­ste be­son­der­he­de.

“Sy leer ons fa­mi­lie steeds baie les­se, maar die vol­gen­de sal al­tyd uit­staan:

“Sy glo on­wrik­baar in die krag van ge­bed en het al die he­le fa­mi­lie se ge­be­de op­ge­neem, want al­mal glo sy het ’n di­rek­te lyn Boon­toe.

“As eg­ge­no­te vir my pa, is sy ’n ab­so­lu­te voor­beeld van ’n lief­de­vol­le vrou wat haar man eer­ste stel. Hul­le is me­kaar se an­der helf­tes, het nog net tien dae in hul ge­trou­de le­we weg van me­kaar ge­slaap.

“As ma en ou­ma is sy ie­mand wat die fa­mi­lie saam­bind, in hul le­wens be­lang stel en moei­te doen om met elk­een ’n be­son­der­se band te hê. Daar­om is haar fa­mi­lie­fees­te al­tyd vol­tal­lig.

“Sy het ons die lief­de vir te­a­ter en mu­siek laat ont­dek, om­dat sy so lief is daar­voor. Sy het al­tyd vir ons die mooi­ste sto­ries ver­tel en ons ge­leer om ons ver­beel­ding vrye teu­els te gee.

“As ek aan haar dink, kan ek nie help om te glim­lag nie, want sy is wie sy is en daar­oor eer ek haar. As jy haar ont­moet, sal jy haar al­tyd ont­hou.

“Al sê my fa­mi­lie ek word el­ke dag meer soos my ma, weet ek, ek sal nooit soos sy kan wees nie. Sy is te u­niek en spe­si­aal dat ie­mand ooit haar skoe­ne sal kan vol­staan en bui­ten­dien is ek heel­te­mal te lui!

“Dan­kie dat ek so iet­sie van haar kon ver­tel. ’n Mens kan nie in woor­de dan­kie sê vir on­voor­waar­de­li­ke lief­de nie. En ek weet jy weet eers hoe lief jou ma jou het, as jy eers self ’n ma is.

“Wat ’n voor­reg!”

A­ri­na de Witt en haar ma, Pau­li­ne van Zyl.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.