On­der­soek net ’n la­gie ver­nis

Beeld - - Front Page -

Die on­der­soek van­dees­week na die be­voegd­heid van die ge­skors­te po­li­sie­hoof, genl. Ri­ah P­hiy­e­ga, is maar ’n baie dun laag ver­nis van pro­se­du­re­le ge­reg­tig­heid oor ’n hout­meu­bel­stuk wat oor ’n lang tyd van bin­ne ver­rot het.

Ui­ter­aard móét die Claas­sen-kom­mis­sie van on­der­soek nou peil trek op P­hiy­e­ga se han­te­ring van die Ma­ri­ka­na-ge­beu­re om te be­paal of sy hoe­ge­naamd in haar pos hoort. Die pro­ses moet sy be­loop neem.

Feit is eg­ter ge­wo­ne Suid-A­fri­ka­ners weet lank­al uit hul er­va­ring met mis­daad dat P­hiy­e­ga, soos haar twee on­mid­del­li­ke voor­gan­gers, nie hond haar­af maak nie.

Mis­daad­voos bur­gers was al aan die ont­vang­kant van Jackie Se­le­bi, ’n kor­rup­te po­li­sie­hoof; B­he­ki Ce­le, wat ná on­ge­rymd­he­de met kon­trak­te ver­wy­der is; en nou P­hiy­e­ga, wat ná ’n rits fla­ters ge­skors is. On­der haar het die po­li­sie se ver­moë we­sen­lik ver­swak en het erns­ti­ge mis­da­de in drie op­een­vol­gen­de ja­re ge­styg.

Die Claas­sen-kom­mis­sie kan Suid-A­fri­ka­ners dalk nou reg be­wys en be­vind dat P­hiy­e­ga on­be­voeg is, maar selfs dít sal nie be­te­ken dat die land op­laas ’n doel­tref­fen­de po­li­sie­hoof gaan kry nie.

Daar­voor was die aan­stel­lings wat pres. Ja­cob Zu­ma die laas­te ja­re ge­maak het, te voor­spel­baar. Hy het son­der uit­son­de­ring in al­le be­lang­ri­ke pos­te sy la­keie aan­ge­stel, teen ’n hoë prys vir die land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.