Dis ’n láng braai

Hyskraan, 10 man­ne, berg hout, 20 ure

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

T Fien man­ne om die spit; 80 ma­ri­na­de en 12 ton hout. Dít is wat dit verg om ’n ka­meel­perd te braai, sê Neil Oost­hui­zen, or­ga­ni­seer­der van Co­li­gny in Noord­wes se eer­ste ka­meel­perd­braai nog.

Die ge­leent­heid van­dag is ten ba­te van Co­li­gny Hel­pen­de Hand, wat ar­mes by­staan met skool­geld, kos en kle­re en selfs u­ni­ver­si­teits­geld.

Die ka­meel­perd van 700 kg sal so­wat 20 ure heel op die spit op die Ho­ër­skool Co­li­gny se sport­ter­rein moet draai voor­dat dit gaar is.

So­wat 1 000 gas­te sal aan dié ek­so­tie­se wilds­vleis kan smul.

Die braai­pro­ses het al gis­ter­aand be­gin.

Vol­gens Oost­hui­zen het ’n boer die ka­meel­perd a­no­niem ge­borg.

“Die ka­meel­perd is een van twee bul­le wat voort­du­rend ba­klei het. Die uit­ein­de sou wees dat al­bei vrek. Die boer was dus ge­nood­saak om een van die twee van kant te maak. ’n Pro- fes­si­o­ne­le jag­ter het die dier ge­skiet. Die boer het die kar­kas aan ons ge­skenk. Ons weet nie waar pre­sies die ka­meel­perd ge­loop het nie.”

Gis­ter­aand is ge­spook om die ka­meel­perd met die hulp van ’n hyskraan op die spit van 6 m by 4 m te kry. Die lang­nek-ko­los kon daar­na be­gin draai so­dat dit teen van­mid­dag ge­reed sou wees om aan te smul.

Die A­fri­ka­ner-Klub het die spit in 1991 spe­si­aal laat maak vir ’n ka­meel­perd­braai in Lich­ten­burg, nie ver van Co­li­gny nie. Dit is in­tus­sen vier keer vir an­der spit­braai­ge­leent­he­de ge­bruik.

Oost­hui­zen en sy span het dit nou ’n bie­tjie aan­ge­pas vir die ses­de keer se ge­bruik.

“Ons het en­ke­le ne­ga­tie­we kom­men­ta­re op ons Fa­ce­book­blad ge­kry, maar ver­der was men­se po­si­tief.”

In 1991 is in Die Bur­ger be­rig ’n “ka­baal het los­ge­bars” oor die ka­meel­perd­braai in Lich­ten­burg. Die be­stuur­der van die Faan Mein­tjies-na­tuur­re­ser­vaat waar die ka­meel­perd vir dié braai ge­skiet is, het des­tyds ge­sê: “Hy sal an­der­sins van hon­ger vrek, dis so een­vou­dig soos dit.”

Oost­hui­zen sê vir dié wat lang­tand is vir ka­meel­perd­vleis, sal ska­pe en an­der wilds­vleis oor die spit ge­braai word. Daar sal ’n ba­saar-at­mos­feer heers met ho­pe stal­le­tjies en ver­maak.

Teen gis­ter­aand was 800 kaar­tjies reeds ver­koop, maar daar is nog kaar­tjies by die hek­ke be­skik­baar.

“Ons mik om so 1 000 te ver­koop,” het Oost­hui­zen ge­sê.

Fo­to: A­LET P­RE­TO­RI­US

Men­se neem sel­foon­fo­to’s ter­wyl ’n hyskraan ge­bruik word om die ka­meel­perd op die spit te kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.