Meer s­tro­pers vas, min­der re­nos­ters loop al deur van­jaar

Beeld - - Nuus - Re­tha Fou­rie

Die 165 re­nos­ters wat tot dus­ver van­jaar vir hul ho­rings dood­ge­maak is, is 60 min­der as in die­self­de tyd ver­le­de jaar, ter­wyl die po­li­sie ook in on­lang­se teen­stro­pings­o­pe­ra­sies meer ver­dag­tes in heg­te­nis ge­neem en op meer vuur­wa­pens be­slag ge­lê het as dié tyd ver­le­de jaar.

1 175 re­nos­ters is ver­le­de jaar ge­stroop, 1 215 in 2014 en 1 004 in 2013.

Die po­li­sie sê in ’n ver­kla­ring hul­le is te­vre­de dat die ge­reel­de op­tre­des in O­pe­ra­ti­on R­hi­no waar­mee hul­le die stro­ping van re­nos­ters in die Kru­ger­wild­tuin en die Hluhlu­weiM­fo­lo­zi-park in K­waZu­lu-Na­tal wil be­perk, be­sig is om vrug­te af te werp.

Die o­pe­ra­sies word uit­ge­voer deur die po­li­sie­diens in sa­me­wer­king met die weer­mag en na­si­o­na­le par­ke.

B­rig. Vishnu Nai­doo, po­li­sie­woord­voer­der, sê ver­le­de maand al­leen is 49 ver­dag­tes ty­dens dié o­pe­ra­sies in heg­te­nis ge­neem. Daar is ook be­slag ge­lê op 34 vuur­wa­pens – waar­on­der 17 ge­we­re en vyf pis­to­le – as­ook 192 pa­tro­ne, 11 by­le, vier knal­dem­pers, ses voer­tuie en 27 sel­fo­ne.

Die po­li­sie sê hoe­wel hul­le te­vre­de is met die re­sul­ta­te, wil hul­le graag mo­men­tum be­hou in die stryd teen re­nos­ter­stro­pers.

Hul­le wil ’n sterk bood­skap aan voor­ne­men­de s­tro­pers s­tuur dat hul­le erns­tig daar­oor is om s­tro­pers vas te vat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.