Suid­oos­ter groet Ne­lie S­mith

Beeld - - Nuus - Ge­or­ge Ger­mis­huys

‘Die Kaap is kwaad van­dag, want hy ver­loor een van sy guns­te­ling­seuns.” Só het ds. Jo­hann Els ge­praat oor die storm­sterk suid­oos­te­wind wat om die kerk ge­fluit het, waar die kerk­ban­ke in die NG kerk Wel­ge­le­gen in S­tel­len­bosch stamp­vol was vir Ne­lie S­mith se rou­diens.

Daar is gis­ter­mid­dag van S­mith, ’n eer­tyd­se S­pring­bok­kap­tein, -af­rig­ter en -keur­der af­skeid ge­neem op ’n “fees­vie­ring van sy le­we”, eer­der as ’n rou­diens. Hy word Dins­dag fi­naal in Bloem­fon­tein ter rus­te ge­lê.

Tal­le oud-S­pring­bok­ke, on­der wie T­heuns S­tof­berg, was by Vry­dag se diens.

“Die Kaap is vies, die Kaap is ja­loers, want Ne­lie gaan te­rug Vry­staat toe,” het Els ge­sê. Hy het S­mith se wen­se ver­eer deur Psalm 23 voor te lees.

“Een van die mooi sto­ries van Ne­lie was dat hy el­ke aand van sy le­we By­bel ge­lees het, en daar­na langs sy bed ge­kniel het. Maar hy kon die laas­te tyd nie kniel nie, die pyn was te erg, maar al Ne­lie se span­ning en pyn is nou weg. Hy is by groen wei­vel­de waar daar rus is . . .” het Els ge­sê.

Els het ook hul­de ge­bring aan S­mith se oor­le­de vrou, Or­na, en ge­meld dat sy kort voor haar dood voor­spel het dat S­mith sal te­rug­keer Vry­staat toe.

Hy word langs haar in Bloem­fon­tein be­gra­we. “Oom Ne­lie is nou by die huis . . . en ons gun hom dit. Daar­om vier ons fees.”

Els het ge­sê die S­mit­hs kan trots wees op wat hy in die rug­by­wê­reld be­reik het.

“Dis nie baie Vry­staat klon­ge waar­van die wê­reld uit­ein­de­lik ken­nis neem nie.”

Hier­na het S­mith se kin­ders hul­de­bly­ke aan hom ge­le­wer.

Sy dog­ter An­nien het ge­sê hy was al­tyd ui­ters lo­jaal aan die S­pring­bok­ke.

“Baie men­se weet dit se­ker nie, maar hy kon vlot I­ta­li­aans praat en het waar­skyn­lik die mees­te sport van e­nig­ie­mand in SuidA­fri­ka op die TV ge­kyk.” S­mith het in I­ta­lië af­ge­rig. “Hy was reg­tig­waar ’n goeie pa . . . hy sal al­tyd my pap­pa bly.”

Ca­rin, sy an­der dog­ter, het ’n hul­de­blyk, aan hom en ook al­mal wat hom in sy laas­te ja­re by­ge­staan het, ge­le­wer.

“My pa was my beer­tjie. Hy was ’n ui­ters sag­ge­aar­de mens,” het sy ge­sê. “Rug­by, en die brûe wat mens daar­mee kan bou, was ab­so­luut sy pas­sie.”

S­mith se seun Cor­ne­li­us het ge­sê hy is “on­ge­loof­lik trots om my pa se seun te wees”.

“Hy was ’n baie ne­de­ri­ge mens met baie deer­nis. Hy was ook sag, ge­lo­wig en ui­ters be­gin­sel­vas. Ek is baie lief vir my pa, al het ons nie al­tyd saam­ge­stem nie.”

Ne­lie S­mith se oor­skot is nou op pad Bloem­fon­tein toe.

Fo­to: NASIEF MANIE

Fo­to’s van die voor­ma­li­ge S­pring­bok­kap­tein, ­af­rig­ter en ­keur­der Ne­lie S­mith, by sy rou­diens gis­ter in S­tel­len­bosch.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.