Vu­wa­ni­win­kels (vir nou) weer oop ná ge­weld

Beeld - - Nuus -

Ken­ny Ma­thi­va, woord­voer­der van Stan Mat­ha­ba­tha, pre­mier van Lim­po­po, het ge­sê ver­ga­de­rings word tus­sen be­lan­ge­groe­pe ge­hou om uit te vind wat al die re­des is vir die ge­weld wat uit­ge­breek het.

Van die Ven­da-in­wo­ners sê hul­le wil nie ’n mu­ni­si­pa­li­teit met Tson­gas in Ma­la­mu­le­le deel nie.

L.J. Coet­zee, ’n be­stuur­der by S­par, sê hul­le het der­dui­sen­de ran­de se ska­de ge­ly om­dat hul­le van ho­pe be­derf­ba­re kos ont­slae moes raak.

Hy sê van die ge­meen­skaps­le­de het ge­sê hul­le kan van­dag 12:00 oop­maak en Sa­ter­dag sa­ke doen, maar mô­re­mid­dag be­gin die pro­tes­ak­sie weer.

“Dit is ver­skrik­lik dat daar nou kin­ders is wat nie kan skool by­woon nie, want daar is nie sko­le nie.

“Hul­le gaan on­ge­let­terd bly en daar is geen werk vir on­ge­let­ter­des nie.”

Po­li­sie­le­de het gis­ter pad­ver­sper­rings be­man en voer­tuie deur­ge­soek.

Lt.kol. Ma­le­se­la Ledwa­ba, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê die 15 men­se wat weens brand­stig­ting in heg­te­nis ge­neem is, sal Maan­dag in die land­dros­hof in Vu­wa­ni ver­skyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.