Mots­hek­ga ge­skok oor groot ska­de

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

‘Dis on­ver­vang­baar. Ek weet nie hoe die ska­de her­stel gaan word nie,” het An­gie Mots­hek­ga, mi­nis­ter van ba­sie­se on­der­wys, gis­ter op haar be­soek aan af­ge­bran­de sko­le in Lim­po­po ge­sê.

Sy het ge­skok tus­sen swart ge­bran­de klas­ka­mers by die Ha­fa­ma­di Se­con­da­ry S­chool in die Mas­hau-ne­der­set­ting ge­loop.

’n Kom­buis wat ge­bruik word om kos te be­rei vir die na­si­o­na­le voe­ding­ske­ma – wat el­ke dag ’n warm maal­tyd aan leer­lin­ge ver­skaf – is ook af­ge­brand.

Brand­stig­ters het van die groot ys­ter­pot­te in die mid­del van die pad voor die skool saam met groot klip­pe ge­pak so­dat mo­tors nie kon deur­ry nie.

Mots­hek­ga het ge­sê ’n op­na­me van die ska­de aan sko­le sal ge­doen moet word.

Hoe­wel klas­ka­mers her­bou kan word, is dit ’n reu­se-pro­bleem dat do­ku­men­te by sko­le ver­woes is.

Sy kon nie ’n aan­dui­ding gee wan­neer leer­lin­ge in die Vu­wa­ni-ge­bied weer sal kan skool by­woon nie.

Meer as 20 000 leer­lin­ge word ge­raak deur die 23 sko­le wat af­ge­brand is en an­der wat deur be­to­gers tot stil­stand ge­dwing het.

Die ge­bied was gis­ter stil, maar die stra­te was steeds vol boom­tak­ke, groot klip­pe en roet.

Die in­wo­ners het be­sluit die win­kels kan vir die na­week oop­maak.

Hul­le sê hul­le sal mô­re laat­mid­dag weer met hul be­to­gings be­gin.

Die men­se van Vu­wa­ni is ont­steld om­dat die hoog­ge­regs­hof in Po­lo­kwa­ne ’n week ge­le­de be- slis het hul­le het nie gron­di­ge re­des om die nu­we mu­ni­si­pa­le af­ba­ke­ning in hul ge­bied teen te gaan nie.

Die uit­ge­strek­te be­bos­te ge­bied, so­wat 150 km noord­oos van Po­lo­kwa­ne, gaan ná die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing saam met Ma­la­mu­le­le in ’n nu­we mu­ni­si­pa­li­teit in­ge­lyf word.

Vu­wa­ni is tans deel van die Mak­ha­do-mu­ni­si­pa­li­teit in Lou­is T­ri­chardt.

’n S­kool­bank staan gis­ter in die pad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.