Se­ke­re la­bra­dors se ge­ne keer dat hul­le ver­sa­dig raak

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

Waar­om bly som­mi­ge la­bra­dors steeds hon­ger, al het hul­le hul trom­mel­dik ge­ëet?

Dis nie hul skuld nie, dis bi­o­lo­gies.

In na­vor­sing is be­vind een uit el­ke vier van dié hon­de het spe­si­fie­ke ge­ne­tie­se af­wy­king wat ver­oor­saak dat hul­le nog hon­ger bly, al het hul­le ge­ëet.

Dit is hoe­kom baie van dié hon­de oor­ge­wig is en ook mak­lik op­ge­lei kan word deur snoep­goed as be­lo­ning te ge­bruik.

Die vak­tyd­skrif Cell Me­ta­bo­lism be­rig die af­wy­king van die ge­ne ver­oor­saak dat se­ke­re neu­ro­pep­tie­de wat die sein aan die brein gee dat die hon­de ver­sa­dig is, af­ge­ska­kel word.

Va­ri­an­te daar­van kom ook in men­se voor.

Meer was 700 hon­de is by die stu­die be­trek en die ge­ne­tie­se va­ri­an­te is in 23% van hul­le op­ge­merk.

Die hon­de word deur kos ge­mo­ti­veer. Hul­le “be­del” ook dik­wels en dit is hoe­kom dit mak­li­ker is om la­bra­dors op te lei. Die hon­de is ge­steld op e­tens­tyd en sal selfs aas as hul­le die kans kry.

Dr. E­le­a­nor Raf­fan, ’n vee­arts en ge­ne­ti­kus aan die U­ni­ver­si­teit van Cam­brid­ge wat die stu­die ge­lei het, sê ’n mens kan die ge­wig van ’n hond met dié ge­ne on­der be­heer hou deur oe­fe­ning en deur die reg­te hoe­veel­heid kos te gee.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Wie kan nou vir so ’n ge­sig­gie nee sê? Die la­bra­dor An­gel ver­le­de jaar as twee maan­de oue bon­del­tjie by die Roo­de­plaat­hon­de­een­heid se teel­sen­trum. Po­li­sie­hon­de word by die een­heid op­ge­lei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.