Le­wens­lank in tronk vir moord op ou­ers

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Estel­le Red­dy, voor­ma­li­ge vrien­din van die ver­moor­de Da­nie D­rey­er, en glo min­na­res van haar me­de­be­skul­dig­de, Ger­hard Pa­pen­fus, as­ook die vrou van mnr. Red­dy, het gis­ter in die hof ver­skyn met haar arm in ’n slin­ger­ver­band. Sy het Don­der­dag­aand in die tronk ge­val en haar skou­er be­seer, het haar pro­ku­reur, Mar­tin Bo­tha, ver­dui­de­lik. Die 37-ja­ri­ge klein ge­bou­de Her­man Pie­naar, wat sy ou­ers in 2014 in hul huis in Val­hal­la, Cen­tu­ri­on, dood­ge­skiet het, is gis­ter tot dub­be­le le­wens­lan­ge tronk­straf ge­von­nis.

Reg­ter Ma­ho­med Is­mail het in sy von­nis­uit­spraak in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria aan Pie­naar ge­sê hy het ge­dink hy het die mag van God toe hy sy ou­ers in die kop ge­skiet het.

Hy het op 27 Fe­bru­a­rie 2014 eers sy pa, Her­man sr. (58), en toe sy ma, Chris­ti­ne (57), dood­ge­skiet.

Is­mail het ge­sê Pie­naar het toe ’n eks­mei­sie ge­bel en aan haar ge­sê sy pa het dit “ver­dien”.

Hy het sy ma ge­skiet so­dat sy nie sou “ly” nie weens haar man se dood en om­dat haar an­der seun, Le­on, vroe­ër sy eie le­we ge­neem het. Le­on het hom in 2011 op­ge­hang.

Die reg­ter het aan Pie­naar ge­sê hy het dus op­ge­tree as­of hy sy ma ’n guns be­wys het deur haar te skiet. Hy het op­ge­tree as­of hy haar die ge­na­de­dood gee.

“Op ’n se­ke­re per­ver­se ma­nier het jy ge­voel jou da­de is ge­reg­ver­dig.”

Is­mail het ge­sê die moor­de was met voor­be­dag­te ra­de.

Pie­naar weet dit, want hy het aan ’n siel­kun­di­ge ge­sê as hy le­wens­lan­ge tronk­straf kry, sal hy sy eie le­we neem.

Is­mail het ge­sê Pie­naar het geen be­rou ge­toon nie.

Die staat be­skou hom ook as ge­vaar­lik en ag­gres­sief. Hy was van jongs af ’n moei­lik­heid­ma­ker en het hom só van an­der men­se ver­vreem.

Die ver­de­di­ging het ge­sê daar is dwin­gen­de om­stan­dig­he­de waar­om Pie­naar s­legs 12 jaar tronk­straf moet kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.