Sus­ter moeg dat ver­dag­te weg­kruip

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Die ge­loei van si­re­nes het glo ’n rol ge­speel waar­om een van die vier be­skul­dig­des in die moord op ’n oud­po­li­sie­lid van die P­re­to­ri­a­se Moot hom aan die po­li­sie oor­ge­gee het.

Ru­van Re­gi­o­nald Furst se sus­ter, by wie hy glo gaan skuil het, “het moeg ge­raak daar­voor dat hy el­ke keer as hy ’n si­re­ne hoor, on­der die bed weg­kruip”, het die on­der­soek­be­amp­te, konst. Mok­we­na Mo­ja­pe­lo, gis­ter in die P­re­to­ri­a­se land­dros­hof ge­tuig.

Sy het Furst glo aan­ge­moe­dig om hom oor te gee.

Furst self het vol­gens Mo­ja­pe­lo be­weer hy het die oor­le­de­ne, Da­nie D­rey­er (64), ’n af­ge­tre­de po­li­sie­man, se stem in sy kop ge­hoor.

Furst word saam met Ger­hard Pa­pen­fus, Estel­le Red­dy en Ke­vin John­son daar­van aan­ge­kla dat hul­le D­rey­er op 28 Maart ver­moor en sy lyk in ’n man­gat ver­steek het.

Land­dros Mo­gie Nai­doo het hul­le gis­ter borg­tog ge­wei­er om­dat hul­le nie bui­ten­ge­wo­ne om­stan­dig­he­de be­wys het wat borg­tog reg­ver­dig nie.

Nai­doo het ge­sê dit is fei­te dat ’n moord ge­pleeg is en die lyk in sak­ke toe­ge­draai, in ’n man­gat ge­druk en che­mi­ka­lieë daar­oor ge­gooi is deur men­se wat in ’n groep saam­ge­werk het.

Die hof het vroe­ër ge­hoor Red­dy (35) het des­tyds ’n ver­hou­ding met D­rey­er ge­had. Sy het ook vir hom ge­werk.

Sy het la­ter met haar hui­di­ge man ge­trou. Hul­le het ’n 22 maan­de oue ba­ba.

Mo­ja­pe­lo het ge­tuig Red­dy het ’n ver­hou­ding met Pa­pen­fus aan­ge­knoop.

“Die aand van die moord het die an­der drie be­skul­dig­des Red­dy met die oor­le­de­ne se mo­tor na Lau­di­um (waar Red­dy se skoon­fa­mi­lie woon) ge­neem.

“Die mans is te­rug na die oor­le­de­ne se huis met die doel om in te breek. Die oor­le­de­ne was eg­ter daar en is ver­moor.”

Vol­gens hom het Red­dy haar nie op 4 A­pril aan die po­li­sie gaan oor­gee nie, maar eer­der gaan uit­vis of hul­le al weet van die moord.

Mar­tin Bo­tha, die vier se pro­ku­reur, het be­toog daar is nog geen be­wys hoe D­rey­er dood is en of hy wel ver­moor is nie.

Sip­ho Let­so­a­lo, aan­kla­er, het be­toog Red­dy was die baas­brein.

“Sy vra borg­tog om­dat sy ’n ba­ba het, maar sy is die skep­per van haar eie on­ge­luk. Sy het die draai­boek ge­skryf. Sy het die an­der ge­kry om hul rol­le uit te voer.

“As haar kind so be­lang­rik was vir haar, sou sy nie aan so ’n gru­we­li­ke mis­dryf deel­ge­neem het nie.”

Nai­doo het ge­sê hoe­wel sy nie kan be­vind dat Red­dy die baas­brein was nie, is daar is ’n ska­kel tus­sen haar, die oor­le­de­ne en die an­der drie be­skul­dig­des.

“Sy het ’n be­ken­te­nis af­ge­lê. As sy borg­tog kry, kan haar eie le­we ook be­dreig word, selfs deur haar me­de­be­skul­dig­des.”

Die ver­rig­tin­ge is tot la­ter van­dees­maand uit­ge­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.