Fran­zis­ka Bl­ö­ch­li­ger­saak: Twee ver­dag­tes kry borg

Beeld - - Nuus - S­han­tel Mo­ses

Kaap­stad. – Twee van die vier mans wat van die moord op Fran­zis­ka Bl­ö­ch­li­ger (16) aan­ge­kla word, is in die land­dros­hof in Wyn­berg, Kaap­stad, op borg­tog vry­ge­laat.

Fran­zis­ka is op 7 Maart in die To­kai-woud, waar sy gaan draf het, ver­krag en ver­moor.

Sy is ook be­roof van haar be­sit­tings, wat haar sel­foon, dia- mant­ring en oor­fo­ne in­sluit.

Vier mans – Ho­ward O­li­ver, Je­ro­me Mo­ses, Jo­na­than Jo­nas en Da­niel Eas­ter – word van moord, roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de en ver­krag­ting aan­ge­kla.

Land­dros Ha­fi­za Mo­ham­med het vroe­ër in haar uit­spraak ge­sê die staat se saak teen Mo­ses (24) en Eas­ter (34) is swak.

“Hoe­wel die be­skul­dig­des nie bui­ten­ge­wo­ne om­stan­dig­he­de het wat hul­le vir borg­tog ge­skik maak nie, het al­bei ver­dui­de­lik hoe hul­le die sel­foon ge­kry het.”

Mo­ses het in sy aan­soek om borg­tog ge­sê hy weet niks van die moord nie, maar het er­ken hy het saam met O­li­ver die sel­foon aan Eas­ter ver­koop.

“Ek het nie ge­weet wie se sel­foon dit was nie. Al waar­aan ek kon dink, was dat ek meer geld vir tik sou hê.”

Mo­ham­med het ge­sê die on- der­soek­be­amp­te, Jan Coet­zee, het ge­tuig die staat het ’n sterk saak teen die vier be­skul­dig­des.

“Hy kon dit eg­ter nie aan die hof be­wys nie,” het Mo­ham­med ge­sê. Mo­ham­med het ge­sê men­se moe­nie ver­geet dat dit ’n aan­soek om borg­tog is en nie ’n ver­hoor nie.

Mo­ses het borg­tog van R2 000 ge­kry en Eas­ter van R1 000.

Die ver­rig­tin­ge word op 10 Ju­nie her­vat.

Fran­zis­ka Bl­ö­ch­li­ger

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.