‘Kyk an­der­pad as jy my nie wil sien’

Jo­Ann kamp­veg­ter vir voed in o­pen­baar

Beeld - - Nuus - Ro­zan­ne Els

As jou man staar, dui dit op ’n pro­bleem tus­sen jul­le as ’n paar­tjie en nie met my en my ba­ba nie.

Jo-Ann S­trauss, ’n voor­ma­li­ge Mej. Suid-A­fri­ka en dees­dae ’n sa­ke­vrou, het nie ’n saak met men­se wat meen bors­voe­ding in die o­pen­baar is ta­boe nie.

Wat is so skan­da­lig daar­aan om ’n mens te voer, vra S­trauss in ’n blog op haar web­werf mo­dern­mom­my.co.za.

Sy skryf op T­wit­ter bors­voe­ding is na­tuur­lik en daar is kle­re wat min­der van ’n vrou se bors be­dek as “’n ba­ba se kop”.

S­trauss het die blog van­dees­week ge­skryf na aan­lei­ding van ’n reeks swan­ger­skap­fo­to’s wat sy laat neem het en ’n paar we­ke ge­le­de in die so­si­a­le me­dia ge­deel het.

’n Paar men­se was ont­stig oor fo­to’s van haar in ’n bi­ki­ni toe sy 38 we­ke swan­ger was.

“Dit is se­ker die­self­de men­se wat nou aan­stoot sal neem as hul­le my in ’n re­stau­rant sien bors­voed.”

S­trauss sê hoe­wel sy eint­lik ’n baie pri­va­te mens is, het die blog vir haar ’n lek­ker uit­laat­klep ge­word. “Maar ek het nie ver­wag om ’n boob cru­sa­der te word nie,” skerts sy.

Ver­skeie men­se het op haar blog en in die so­si­a­le me­dia po­si­tie­we kom­men­taar ge­le­wer en hul er­va­ring ge­deel.

Hier­oor is sy baie bly, sê S­trauss, ver­al om­dat dit ’n o­pen­ba­re ge­sprek be­gin het.

S­trauss het ver­le­de maand aan ’n dog­ter ge­boor­te ge­gee.

Sy en haar man, Mi­cha­el Held, het ook ’n twee­ja­ri­ge seun.

Een vrou se re­ak­sie was dat S­trauss se klein­ding ver­leë gaan wees oor die fo­to’s wan­neer sy ’n tie­ner is.

Hier­oor skryf S­trauss in haar blog dat sy se­ker is dat sy haar kin­ders baie in die ver­leent­heid gaan stel, soos wan­neer sy hul­le luid­keels by skool­kon­ser­te gaan toe­juig, maar dat hul­le sterk ge­noeg sal wees om dit te han­teer.

“Kyk an­der­pad as dit jou aan­stoot gee en laat my toe om my ba­ba te ver­troos en te voed.

“As jou man staar, dui dit op ’n pro­bleem tus­sen jul­le as ’n paar­tjie en nie met my en my ba­ba nie,” skryf sy.

Fo­to: T­WIT­TER Fo­to: NASIEF MANIE

S­trauss het in A­pril ’n dog­ter ry­ ker ge­word. Jo­Ann S­trauss

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.