Dié 4 spor­te moet reg­kom of weg­kom – Mbalula

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Kaap­stad. – Na­si­o­na­le rug­by-, krie­ket-, at­le­tiek- en net­balf­e­de­ra­sies sal bin­ne­kort in­di­vi­du­eel ge­struk­tu­reer­de planne vir trans­for­ma­sie aan die re­ge­ring moet voor­lê as hul­le straw­wer sank­sies wil ver­my.

“Ons sal bin­ne­kort bi­la­te­ra­le ge­sprek­ke met al vier die ge­raak­te fe­de­ra­sies hou,” het Fi­ki- le Mbalula, mi­nis­ter van sport, gis­ter ná sy de­par­te­ment se be­gro­tings­re­de in die par­le­ment ge­sê.

“As daar geen be­we­ging van hul kant af oor trans­for­ma­sie is nie, sal daar ook geen be­we­ging van ons kant af wees nie.”

Hy het die vier fe­de­ra­sies se reg om in­ter­na­si­o­na­le toer­nooie aan te bied on­langs op­ge­skort as straf­maat­re­ël weens hul ge­brek

Beeld

aan trans­for­ma­sie

Op ’n vraag gis­ter of die ver­bod Suid-A­fri­ka se kan­se sal raak om die Wê­reld­be­ker-rug­by­toer­nooi in 2023 aan te bied, het Mbalula ge­sê hy weet se­ke­re fe­de­ra­sies het kon­trak­tu­e­le ver­plig­tin­ge ge­had voor­dat hy die ver­bod in­ge­stel het.

“E­mo­sies moet uit die de­bat ge­hou word. Ons plig is om trans­for­ma­sie ten vol­le uit te voer – nie tot die na­deel van een ras nie, maar tot die voor­deel van die he­le Suid-A­fri­ka.

“Ons is erns­tig. Jy moet reg­kom of weg­kom. As jy nie met trans­for­ma­sie pres­teer nie, sal ons jou nie on­der­steun nie.

“Trans­for­ma­sie is on­on­der­han­del­baar,” het die mi­nis­ter ge­sê.

Adv. An­ton Al­berts, VF+-LP, het Mbalula se be­slui­te oor trans­for­ma­sie be­skryf as die “po­li­tie­ke des­pe­raat­heid” van die ANC wat uit die ko­men­de ver­kie­sing ge­bo­re is.

“Die i­ro­nie is eg­ter dat na­vor­sing tans wys dat die mees­te men­se in die land me­rie­te in die werk­plek en sport eer­ste stel.

“Ge­wo­ne men­se wil hê span­ne moet wen en die bes­te spe­lers moet daar­om ge­kies word,” het Al­berts ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.