Kos­pak­kies: ‘OB raak te per­soon­lik’

Beeld - - Nuus - A­li­ces­ti­ne Oc­to­ber

Die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB) raak “te per­soon­lik” in haar jong­ste ver­slag oor kos­pak­kies.

Bat­ha­bi­le Dla­mi­ni, mi­nis­ter van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, het aan Beeld ge­sê: “Ek was nie eens deel van die ge­leent­heid waar­van sy praat nie.

“Ek neem aan­stoot, want wan­neer ’n mens jou werk reg doen, doen jy dit op grond van be­gin­sels en nie in­di­vi­due nie.”

Adv. T­hu­li Ma­don­se­la, die OB, het Don­der­dag ’n ver­slag oor die skei­ding tus­sen staat en po­li­tie­ke par­tye uit­ge­reik waar­in sy be­vind het die uit­deel van kos­pak­kies in 2009 deur Ju­li­us Ma­le­ma, toe lei­er van die ANC­jeug­li­ga, was stry­dig met die Grond­wet en ’n mis­bruik van staats­hulp­bron­ne.

Ma­le­ma het lui­dens die ver­slag kos­pak­kies uit­ge­deel wat die Suid-A­fri­kaan­se Maat­skap­li­ke Se­ker­heids­a­gent­skap (Sas­sa) aan­ge­koop het. Sas­sa se be­trok­ken­heid is as on­van­pas be­stem­pel.

Die OB het on­der meer aan­be­veel die de­par­te­ment van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling moet ’n be­hoor­li­ke be­leid in­stel wat die skei­ding tus­sen staat en po­li­tie­ke par­tye dui­de­lik maak en ook ver­se­ker dat geen staats­plat­form toe­ge­laat word om sy po­si­sie te mis­bruik vir die be­mar­king van po­li­tie­ke par­tye nie.

Dla­mi­ni het hier­op ge­sê haar de­par­te­ment se plig is om ar­moe­de te ver­lig.

“Dit is on­reg­ver­dig om te ver­wag ons kan men­se se be­hoef­te aan- en af­ska­kel. Kos is ’n ba­sie­se be­hoef­te. Daar kan dus nie net ge­sê word om­dat ver­kie­sings­veld­tog­te ge­hou word men­se nie meer on­der­steun kan word nie.”

Dla­mi­ni het be­na­druk dit is nie kos­pak­kies nie, maar “ho­lis­tie­se maat­skap­li­ke ver­lig­ting”.

“Wan­neer dit tyd word (vir ver­kie­sing) deel al­mal kos­pak­kies uit en hul­le ge­bruik ook staats­hulp­bron­ne.

“Ek doen dus ’n be­roep op die OB om wy­er na die fe­no­meen te kyk. Kyk na wat in pro­vin­sies aan­gaan en moe­nie net na Sas­sa en my de­par­te­ment kyk nie. Dit (kos­pak­kies) sal maar al­tyd ’n be­twis­te kwes­sie wees.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.