Po­li­sie­kon­sta­bel wou kol­le­ga glo ver­moor

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Pot­chef­stroom. – ’n Po­li­sie­kon­sta­bel van die stad het gis­ter in die land­dros­hof ver­skyn om­dat hy en drie an­der glo be­plan het om ’n an­der po­li­sie­be­amp­te te ver­moor.

Die hof het ge­hoor konst. Pu­le Mo­boke (36) het twee vo­ri­ge ver­oor­de­lings: vir aan­ran­ding met die op­set om erns­tig te be­seer en vir die be­sit van dag­ga.

Vol­gens lt.kol. Sa­ba­ta Mokg­wa­bo­ne, po­li­sie­woord­voer­der in Noord­wes, word Mo­boke ver­bind met tot 20 an­der sa­ke – van in­braak, dief­stal en roof in Pot­chef­stroom, K­lerks­dorp en Vil­joens­kroon in die Vry­staat.

Mo­boke en sy drie me­de­be­skul­dig­des word van sa­me­swe- ring tot moord en dwars­bo­ming van die ge­reg aan­ge­kla.

Hul­le het glo be­wy­se in ’n an­der saak van huis­roof en po­ging tot moord pro­beer ver­nie­tig en planne ge­smee om die on­der­soek­be­amp­te in die huis­roof­saak te ver­moor.

Mo­boke se me­de­be­skul­dig­des, Da­vid M­ba­ta, Pau­lo Mo­fe­re­fe­re en S­te­ven Le­be­pe, is ver­dag­tes in dié af­son­der­li­ke huis­roof­saak.

Mo­boke het gis­ter in sy borg­to­gaan­soek ge­tuig hy is al tien jaar in diens van die po­li­sie.

Hy het ont­ken dat hy e­ni­ge be­lang in die huis­roof­saak óf re­de het om die on­der­soek­be­amp­te te ver­moor.

Die staat het eg­ter ge­sê daar is ge­tui­e­nis dat Mo­boke wel met die an­der drie ge­kon­kel het om be­wy­se te ver­nie­tig ter­wyl die drie in po­li­sie­sel­le aan­ge­hou is weens die roof­tog.

M­ba­ta, wat vir ’n vei­lig­heids­maat­skap­py werk, het aan­ge­voer hy is on­skul­dig. Hy is te­vo­re aan aan­ran­ding skul­dig be­vind.

Die borg­to­gaan­soe­ke word Maan­dag ver­der aan­ge­hoor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.