Wys geen be­rou na­dat sy 2 kin­ders ver­koop

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Ma­ma Jackie, die vrou wat twee kin­ders vir R30 000 ver­koop het, is gis­ter­og­gend tronk toe.

Reg­ter Ma­ho­med Is­mail het Rai­si­be Ja­c­que­li­ne Ra­mohlo­la (63), al­om­be­kend as Ma­ma Jackie, tot 12 jaar tronk­straf ge­von­nis waar­van vyf jaar op­ge­skort is.

Hy het deur ’n tolk aan haar ver­dui­de­lik wan­neer sy uit die tronk kom, gaan die op­ge­skor­te deel van die straf “in­skop” en vyf jaar duur. Sy mag dan geen kind (wat nie haar eie is nie) in haar sorg hê nie. Sy mag by­voor­beeld nie na bu­re se kin­ders om­sien nie.

Ra­mohlo­la is ’n be­ken­de in Diep­sloot.

Is­mail het vroe­ër ge­sê sy was die moe­der Te­re­sa van die woon­buurt om­dat sy vir an­der men­se in nood om­gee, maar sy was nie net ’n en­gel nie. Sy het twee kin­ders in haar on­wet­ti­ge kin­der­huis teen R15 000 elk ver­koop aan ’n eg­paar wat des­pe­raat was om kin­ders aan te neem, en haar só aan kin­der­han­del skul­dig ge­maak.

Die kin­ders woon steeds by die eg­paar. Die saak kom in die kin­der­hof voor.

Is­mail het gis­ter in die von­nis­op­leg­ging in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria ge­sê Ra­mohlo­la het ge­weet sy het die eg­paar mis­lei. Sy het hul­le on­der die in­druk ge­bring dit is wet­tig dat hul­le die geld be­taal. Sy het hul­le selfs be­drieg­li­ke do­ku­men­te daar­voor ge­gee.

Die reg­ter het ge­sê die eg­paar, wat in die hof ge­tuig het, is eg­ter eer­ba­re men­se wat bloot kin­ders wou aan­neem. Hul­le is nie die soort wat kin­ders sal koop en uit­buit vir eie ge­win nie.

Toe die de­par­te­ment van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling die kin­ders daar­na by die eg­paar wou weg­neem, het die eg­paar ge­wei­er om­dat hul­le reeds ’n band met die kin­ders ge­vorm het.

Is­mail het ge­sê Ra­mohlo­la het geen be­rou ge­toon nie. “Jy sê steeds dit (die geld) was ’n sken­king (aan die kin­der­huis).

“Jy is ge­waar­sku (deur die de­par­te­ment) om nie ’n kin­der­huis te be­dryf nie, want jy was nie by die de­par­te­ment ge­re­gis­treer nie. Die de­par­te­ment het ’n hof­be­vel teen jou ver­kry om jou te keer om kin­ders te huis­ves, maar jy het dit ge­ïg­no­reer.”

Die reg­ter het ge­sê Ra­mohlo­la het die eg­paar se kwes­baar­heid uit­ge­buit.

“Toe noem jy hul­le leu­e­naars toe hul­le in die hof kom ge­tuig.”

Die vrou (van die eg­paar) het selfs “e­mo­si­o­neel” in die hof ge­raak oor dié aan­ty­ging, het Is­mail Vry­dag ge­sê.

“Jy be­sef jy gaan tronk toe en daar­om voel jy jam­mer vir jou­self,” het die reg­ter ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.