P­hiy­e­ga sal ‘kom­mis­sie nie oor­leef’

Beeld - - Nuus - Le­an­ne Ge­or­ge

Genl. Ri­ah P­hiy­e­ga, ge­skors­te po­li­sie­hoof, sal die kom­mis­sie van on­der­soek na haar be­voegd­heid “hoogs waar­skyn­lik” nie oor­leef nie.

Ga­reth Ne­w­ham van die In­s­ti­tuut vir Se­ker­heid­stu­die het op dié or­ga­ni­sa­sie se web­blad ge­sê P­hiy­e­ga het se­dert haar skor­sing “on­be­ves­tig­de be­we­rings in die me­dia ge­maak dat daar ’n hek­se­jag op haar is”.

Sy het ook aan­ge­voer die Claas­sen-kom­mis­sie kan as ’n “plat­form dien waar­op sy haar naam in ere kan her­stel”.

“Dis eg­ter hoogs on­waar­skyn­lik dat dít die uit­slag gaan wees. Dié on­der­soek gaan waar­skyn­lik meer be­son­der­he­de ont­hul wat teen haar ge­bruik kan word,” het Ne­w­ham ge­sê.

Die ge­tui­e­nis­lei­ers en ver­de­di­ging het gis­ter hul saak in die Claas­sen-kom­mis­sie van on­der­soek af­ge­sluit.

Die kom­mis­sie is deur pres. Ja­cob Zu­ma aan­ge­stel om P­hiy­e­ga se op­tre­de ty­dens die Ma­ri­ka­na-slag­ting in 2012 en haar be­weer­de po­gings om die rol van die po­li­sie­lei­ers­korps in dié tra­ge­die toe te smeer, te on­der­soek.

Slot­ge­tui­e­nis voor oud­reg­ter Neels Claas­sen sal op 1 Ju­nie aan­ge­hoor word en daar­na sal Claas­sen ’n ver­slag vir Zu­ma saam­stel.

P­hiy­e­ga self gaan nie ge­roep word om te ge­tuig nie.

Fo­to: THEANA BREUGEM

Genl. Ri­ah P­hiy­e­ga ge­du­ren­de die sit­ting van die Claas­sen­kom­mis­sie van on­der­soek na haar be­voegd­heid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.