Dra­mat en kie vra hulp met regs­kos­te

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Die drie voor­ma­li­ge top­man­ne van die Val­ke wat in Ok­to­ber in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria op ver­skeie aan­klag­te te­reg­staan, het die mi­nis­ter van po­li­sie om fi­nan­si­ë­le bystand met hul regs­kos­te ge­vra.

An­wa Dra­mat en S­ha­drack Si­biya, on­der­skei­de­lik die voor­ma­li­ge na­si­o­na­le en Gau­teng­se Val­ke-hoof, word saam met Co­w­boy Ma­lu­le­ke van die Val­ke se kan­toor vir ge­or­ga­ni­seer­de mis­daad aan­ge­kla van ont­voe­ring, oor­tre­dings van die Im­mi­gra­sie­wet en dwars­bo­ming van die ge­reg in ’n saak wat as die Zim­bab­wie­se uit­le­we­rings­de­ba­kel be­kend staan. By hul ver­sky­ning gis­ter in die land­dros­hof in P­re­to­ria het Victor Nkhwas­hu, een van die regs­ver­teen­woor­di­gers, ge­sê hul­le het ’n aan­soek om fi­nan­sie­ring aan Na­thi Nhle­ko, die mi­nis­ter, ge­rig.

“Hoe­wel die be­skul­dig­des dit sal ont­ken, be­weer die staat dat hier­die so­ge­naam­de mis­dry­we ge­pleeg is ty­dens die uit­voe­ring van hul plig­te, wat be­te­ken hul­le het na­mens die mi­nis­ter op­ge­tree. Dan moet die mi­nis­ter hul ver­hoor dus fi­nan­sier,” het Nkhwas­hu ge­sê.

Die ver­rig­tin­ge is tot 3 Ju­nie uit­ge­stel vir ’n ant­woord van die mi­nis­ter.

Al drie is vroe­ër op borg­tog van R5 000 elk vry­ge­laat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.