Trump moet sy ta­co’s sluk

Beeld - - Nuus - – AFP

Washing­ton. – Don­der­dag was al­ler­mins die hoog­te­punt van La­tyns-A­me­ri­kaan­se uit­rei­king deur Do­nald Trump.

Trump, wat waar­skyn­lik die VSA se Re­pu­bli­kein­se Par­ty se pre­si­dents­kan­di­daat sal wees, het die Cin­co de Ma­yo­dag, wat Mex­i­kaan­se weer­stand her­denk, ge­vier deur ’n fo­to van hom­self op so­si­a­le me­dia te plaas waar hy aan ’n bord ta­co’s smul en ver­klaar: “Ek is lief vir S­paans-A­me­ri­ka­ners!”

Dié be­vol­kings­groep ver­teen­woor­dig ’n stem­groep wat al hoe be­lang­ri­ker word in die VSA.

Op­na­mes wys on­ge­veer drie­kwart van dié groep het nie ’n hoë dunk van die mil­jar­dêr nie, wat Mex­i­kaan­se im­mi­gran­te ver­le­de jaar be­le­dig het deur som­mi­ge van hul­le ver­krag­ters en mis­da­di­gers te noem.

“Die bes­te ta­co bo­wls word in Trump To­wer G­rill ge­maak,” het die ei­en­doms­mag­naat ge­skryf by ’n fo­to van hom­self waar hy ’n op­ge­hoop­te vurk vas­hou en lyk of hy by sy les­se­naar [in New York] eet.

Hil­la­ry C­lin­ton, waar­skyn­lik Trump se op­po­nent in die ver­kie­sing, het gou van haar laat hoor.

Sy het na Trump se o­ën­skyn­li­ke lief­de vir S­paans-A­me­ri­ka­ners ver­wys en hom aan­ge­haal uit ’n TV-on­der­houd die vo­ri­ge dag toe hy “they’re gon­na be de­por­ted” ge­sê het.

Fo­to: REUTERS

Do­nald Trump

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.