Bank ‘gee’ vrou R48 m.

Beeld - - Nuus - – AFP

Syd­ney. – Die Aus­tra­lie­se po­li­sie het ’n 21-ja­ri­ge vrou van be­drog aan­ge­kla na­dat sy $4,6 mil­joen (R48 mil­joen) wat haar bank ver­keer­de­lik aan haar ge­gee het, be­stee het – meest­al aan hand­sak­ke.

Chris­ti­na Ji­ax­in Lee, ’n Ma­lei­sie­se stu­dent in che­mie­se in­ge­ni­eurs­we­se, het blyk­baar ook an­der luuk­se ar­ti­kels ge­koop na­dat haar Aus­tra­lie­se bank geen perk op die oor­trok­ke ge­rief van haar spaar­re­ke­ning ge­stel het nie. “Dis baie hand­sak­ke,” het ma­gi­straat Li­sa S­tap­le­ton eer­gis­ter ge­sê. Lee is Woens­dag­aand in heg­te­nis ge­neem toe sy pro­beer het om ’n vlug na Ma­lei­sië te haal.

Sy word daar­van aan­ge­kla dat sy op ’n on­eer­li­ke ma­nier ’n fi­nan­si­ë­le voor­deel ge­trek het en dat sy die op­brengs van ’n mis­daad wil­lens en we­tens ge­bruik het. S­tap­le­ton het ge­sê sy twy­fel of die geld be­skou kan word as die “op­brengs van ’n mis­daad” en dat dit “die geld is waar­oor ons al­mal droom”.

Die ver­rig­tin­ge is tot 21 Ju­nie uit­ge­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.